Tuesday, December 12

Kook my, eet my, verteer my!


Ola!

Wat ‘n lekker dag het ons vrydag nie gehad nie. En dit nadat daar 60% kans vir reën VOORSPEL is. Nou ja min weet wat persentasie rêrig beteken. Maar selfs ek was geskok na donderdag, toe die son amper so mooi soos my beter helfte geskyn het! En nee dis nie die duiwel met ’n flits lig nie...

Waar is jy nou?

Ons jaarlikse werks funksie is gehou. En ek, wat deel is van die Funky Group by werk, is uitgedeel by die potjie kos kompitiesie. Was dit nou feeste om almal se potjies te help reg kry. Maar laat ek eerder nie van kos praat nie, maar my dag...Dit het so goed begin...Vir verskeie redes natuurlik. By die potte uitgekom...ek wou mos ’n kaas en bier pot brood maak. En snaaks genoeg is ek altyd een wat vir mense lag omdat hul nie ’n resep volg nie...So meng ek die bestandele...en begin bier gooi...na een botteltjie, lyk die mengsel droog, en vir een of ander rede het ek bly onthou van die deeg wat my liefste moeder altyd gemaak het, en dit was GLAD nie droog nie...Na nog so kwart bier, lyk dit beter...maar toe besef ek met ’n harde vloek woord in my grys stof...ek is besig om skons te maak...wat ’n gemors...Ek het toe vir almal lat weet dat ek my pot brood verander na “pot muffin”. Almal het gesê dis baie lekker, en dit was, dit was net nie die oorspronlike poep gewees nie. Die potjies was heerlik. Een was bietjie sop, en ek het duitsers by ons werk gevra om duitse pot te maak. P-I-G(mens mag nie meer vark sê in goeie geselskap nie) en suur kool. Was dit nou lekker. Maar natuurlik was die beste pot my en Nico sin. Ons het nie gewen nie, maar flip die pot was lekker. Ek het myself oor-eet natuurlik. Ek het soos ’n pot gelyk en voel toe ek huis toe ry. En rol-rol by my woonstel voordeur aangekom. Ek moes natuurlik eers ’n stort vang...en met die vol mag het ek my bene stomp gehardloop maar kon nie die blerrie stort ingehardloop kry nie. Moes net my hare was. Want ek het erger geruik as ‘n plakkerskamp hut....wat rook betref. En vroeg vroeg het klaas vakie sy sand kom afgooi by my. Nie liggies nie...want ek het hard met die bed kennis gemaak. Maar ek het heerlik geslaap, lekker, snoesig...*wink wink* Om terug te kom na die potjie dag...

Ek is moeg maar gelukkig danksy jou!

Met my beter helfte aan my sy...het ek die dag ongelooflik baie geniet. Almal wat saak maak, was mal oor my klein “wonderwerkie”. Ek het naderhand gevoel soos ’n skou perd en het amper begin pronk. Gelukkig het my ma my beter geleer. “Sy” was so tuis tussen die oulike mense. Net daar het ek besef ek hoe baie ek geseënd is. En hoe gelukkig ek is om iemand so wonderlik soos “Sy” te ontmoet in ons korrupte klein aardbol. Ek verstaan nie hoe ek ooit met my lewens pad geloop het sonder “Haar” nie. Want niks van my lewe voor ons ontmoeting maak meer sin nie? Ek kry rillings as ek dink wat as...wat as ek nie by my vriend geëet het nie…wat as “Sy” nie opgedaag het nie…wat as my vriend ons nie saam genooi het nie? Maar dan besef ek die Vader is in beheer van my lewe. Ek dink soms ek is die hoofman oor my bestaan...maar ek is nie. Ek het sommer nou dadelik vir “Haar” ’n sms gestuur...Een van vele in my dag. Dis miskien te veel maar ek sms “Haar” elke keer as ek aan “Haar” dink. Ek kan dit nie help nie. Ek het van oggend vir “Haar” gesê ek sien “Haar” in alles wat ek doen. Ek het so 30 persent deurskynende prentjie van haar op my agter oog vlies. En maak nie saak wat ek doen of voor kyk nie...ek sien haar...selfs as ek my oë toe maak sien ek haar. En dan bring haar visie hierdie vrede in my...En ek kan glimlag op ’n neerdrukkende warm dag, en stinkende dag, en net “te veel werk vir een” dag...En ek voel met nuwe moed weer lus om almal eerstens te gaan pk wat my moeilikheid gee, en tweedens om beter werk te verrig! Dankie my “wonderwerkie”. Dankie dat jy vir my glimlag, Dankie dat jy my sms, dankie vir jou weg gesteekte briefies. Dankie vir jou gesels, Dankie vir jou kyk...en dankie dat ek jou hand mag vashou. In my lewenspad is ons ontmoeting die hoogtepunt! Die hoogtepunt van nuwe dinge, nuwe betekenisse en hoogtepunt van herstel, geduld, liefde en waardering!

Ek mis jou!!

Sondag het ek saam met my “wonderwerkie” by familie gekuier. Ons het lekker gelag en gesels. En heerlik geëet. My oom is bobaas kok. En my tannie het ’n kersie, feta, salami slaai gemaak. Klink snaaks maar dit was heerlik. Die P-I-G boud was ongelooflik lekker en sappig.

En daar het ek ook amper myself oor-eet. Maar gelukkig het ek groen tee in my yskas...vir die wat dit nie ken nie...Kry vir julle...dit laat jou uitlaat pyp wit brand soos dit jou binneste ontgif.Dit help om so nou en dan net jou liggaam te reinig. Anders kry jy dalk kak idees...En in my lyn van werk sal kak idees my groot belemmer! Viva lewe!!

Praat later!

Wednesday, December 6

Is dit dood wat ek ruik…



Dis storie tyd. Ek het gister, vreeslik moeg en deurmekaar, my lam bene oor my drimpel getrek. Die denkbeeldige “Welkom” matrassie voor my deur het my hart verbly. Gedurende my ontkleding van werks klere en fabriek stank, het ek ‘n ander onaangename reukie raak geloop. Net daar en dan het ek besluit om my neus speurder te hou. Eerste gedagte: POK! Ek het vergeet om my wit troon skoon te laat spoel met brackenfell se brak water. O nee, ek gebruik die werk se wit troon so veel moontlik. Want in die lewe is dit GEE en NEEM, en as ek poef salaries GEGEE word, dan moet die werk my “presentjies / fakse” NEEM. Volgende item op my soek lys…koelkas. Ek is trots om te sê ek hou nie items in my koelkas totdat dit hans begin terug praat of verkleur nie. So groot was my blydskap ook toe die koelkas nie geblameer kon word nie. So deursnuif ek my wasmasjien, die mikrogolf oond, my vuil wasgoed mandjie en my kamer vir lang verlore maag gasse wat weg kruipertjie speel in kaste dalk.

NIKS…nou wat kan dit wees. Met nadere ondersoek, besef ek die reuk wat my siel vergruis, kom van buite en my spaar kamer het mo seen moerse gat in die deur. Dis asof ‘n atlantis rot, hulle is so groot soos katte, sy tande gesluip het op my soliede agterdeur. Ek is met lampe, kerse, grawe en met kos wat in rantsoene opgedeel is, uit by my voordeur. Met groot avontuur lus loop ek om die draai van my woning. Dis net daar waar my asem vir my weg hardloop, my oë traan en ek alle gevoel in my onderlyf verloor. Het my afrika bure dit nie goed gedink om ‘n VUIL doek - nie skoon doek soos men sou verwag het nie - maar VUIL doek op te hang op die wasgoed draad nie. Self die yster draad wat gespan is vir SKOON wasgoed, het laag gehang soos die reuk sy yster molekules anti-kloks laat rondomtalie het. Ek het natuurlik alles saam gebring behalwe ‘n vars suurstof tenk. En met haastige voete en wasige visie het ek dit terug gemaak waar die wind my lewe, wat reeds op draadjie was, terug gegee het. Ek het dadelik my woonstel in gestorm en alle vensters en deure toe geseël met handoeke, lappe en hemde waar daar DALK gate kan wees. Na 30 minute van kragte bymekaar skraap en baie water drink, het ek dit goed gedink om langsaan te gaan klop. Dis nie hulle doek nie…So staar die volgende 4 woonstelle se bewoners my aan met groot gelag. Dis nie hulle nie. By die 5de woonstel, wat 50 meter van my af is en sy eie wasgoed draad het, sal die afrika moeder met oorgawe en wit tande vir my vertel sy is jammer. Sy het wasgoed opgehang, kind was by haar, doek is vuil gemaak en net daar het sy opgehang en skoon vergeet van die vullis op die wasgoed draad. Ek wou vra hoekom sy nie haar eie gedeelte gebruik nie. Maar ek verstaan dat baie mense die wasgoed draad moet gebruik. Nou ja, vir 2 ure daarna het ek probeer om die groen wolke in my woonstel te ontsmet met alles wat ek in die hande kan kry. Ek moes orige verf blikke weer oopmaak en hier en daar weer die muur laat verf waar die reuk die huidige laag verf laat afdop het. Maar alles is nou skoon en netjies vir my gaste se besoeke. Ek wil sommer nou weer vir my ouers omverskoning vra vir wat ek in my doeke vir julle gelos het. Julle is wonderlike ouers!

Ek is seker my “ma vriendin” gaan lekker lag vir die storie. Want sy het dieselfde deurgemaak. Nou ja…nuwe respek vir jou! Sterkte vir die doeke tyd wat nog voorlê indien enige. Maar ek onthou nou die doek tyd is verby? En viva alle kinders van afrika!


Tuesday, December 5

Probeer dit vir grootte!

Mans kan soms so ondankbaar wees! En dit sluit hierdie vars piesang in wat skryf. Nee ek is nie verhewe bo ander nie. Sal dit nooit dink nie. Maar ek dink anders as die lot. Om altyd saam met die stroom te swem is een groot ingroei toon-nael vir my. Ek het lank laas enige ingroeisels gehad as gevolg van eie denke, maar ek is nie vir altyd verlos van hulle nie...

Kom ek maak die punt duidelik vir van my lesers...Nee ek sit die my kers lig op iemand spesifiek nie, as ek na 12AM skryf as gevolg van geen slaap, praat ek deurmekaar. Ek weet dit. Maar my punt mede lesers en skrywers, is dat ek al die ergste stories gehoor het oor skoonma’s. Ek kan net nie bewyse kry vir enige van die stories nie. Miskien omdat ek so oulik is, of miskien omdat my liefste moeder my met groot geduld geleer het, as iemand ’n minuut ouer is as jy, het jy respek vir daardie persoon. Totdat die respek misbruik of opgesnuif word soos ’n kokaiene monster. En ek bieg hier met groot glimlag, ek het nog nooit ’n moeder ontmoet wat nie van my hou nie. En dit is eerste vertel deur ’n baie goeie vriend van my. Hy verstaan hoekom hul van my hou, hy sê dit is net ongelooflik om iemand te ken waarvan alle ma’s hou en vertrou. Ek kan op een hand tel van vriendinne se ma’s wat dink ek is totaal en al kens en behoort opgesluit te word, maar niemand het nog die wit gejasde bliksems gebel nie. Want ek sit nog hier...Miskien is dit ook te danke aan my 15 keer verhuis in 2 jaar. NIE MY SKULD NIE!

Maar aan al die mans wat so gretiglik met ’n bier, hul doen dit net as hul braaf gedrink is of ander manlike ore het wat luister, staan en vertel hoe erg hul skoonma’s is...Lees mooi....Shaka Zulu, die koning van die zulu’s, het iets soos 200 vroue gehad in sy kort leeftyd. Jy wat jou brandewyn suig soos ’n pas gebore baba sy melk, hoe durf jy jou vinger wys? Kyk moenie nou ’n fout maak nie, Shaka was nie ’n normale mens nie, hy was van looitjie getik. As hy nie van jou gehou het nie, is jy ter dood veroordeel, so ek sal die argument met graagte aanvaar dat die skoonma’s dalk bang was vir hom. Maar as jy in die geskiedenis ingaan, was die vroue van menige groep homo erecti erger bloed bepok as die mans. Agter elke man, staan daar ’n vrou met ’n wapen van haar keuse. Ons is baie gelukkig in vandag se tyd dat die wapen ’n koek roller of skerp tong is...want ’n spies, mes, swaard, etc in my ribbes sal nie deeg nie. Dit sal my net loop-en-val siekte gee en dalk met ’n laaste asem my hare terug blaas. Ek het nie ’n skoonma nie op my huidige lewens paadjie nie. Ek het wel ’n wonderlike beter helfte saam wie ek nou dan by haar ma of saam haar en haar ma kuier. En dis ongelooflik lekker! Geniet elke oomblik daarvan terdeë. Ek het baie respek vir my klein “wonderwerkie” se ma. Sy is ’n ongelooflike vrou! Miskien is ek net baie gelukkig. En nee, ek is seker daar is hekse daar buite. Daar moet wees, maar ’n groot getal van die klaende man kouse doen dit omdat dit hul laat beter voel oor hulself. Ek weet ek kla oor my werk en salaris want dit laat my beter voel en af blaas. En omdat mense luister. As niemand geluister het nie, was ek stom verklaar, want ek sou nie ’n woord gesê nie. Net my whiskey gedrink het en my siggaretjie gesuig het asof ek kompitiesie deelneem.

Ek het groot aardse liefde en respek vir enige ma in die natuur. Ek dink julle is wonderlik, sommige van die ma’s se kinders is nie wonderlik nie, maar ek sal julle nie hof toe vat nie. Dankie alle mamma’s! En ons is lief vir julle!

Thursday, November 30

Huil vir my die nyl revier…

Hoeveel keer het ek al die storie gehoor? Ek het nie genoeg vingers en tone nie...so ek kan nie tot daar tel nie. Maar as ek moet sente tel vir elke storie, sal ek BAIE lank besig wees en ja...genoeg geld hê om my en my beter helfte se lewe baie gemaklik en lekker te maak.

Die storie wat ek amusant vind, is die storie van opera. Sê dit stadig...oop-pa-ra. Dis ongelooflik hoe naief sommige mense kan wees. “Nee Marius, hy/sy het nie eers my naam gevra nie...” Sjoe, wat verwag mens as jy vir die eerste, tweede of derde afspraak, op jou rug gaan lê soos ’n hond en vra dat jou magie gevryf word met bene wat strek van oos na wes, of as jy anders is, noord na suid? Ek het geen probleem met lus nie, maar as jy lus vir liefde opneem, gaan ek lag totdat ek bloed uitskei. En almal om my kan krap en krap tot die jeuk weg gaan. Maar wat verwag mens met so optrede? Ek bly glo in die soort soek soort. Dis al te veel keer bewys vir my. Ek sal niemand ’n hoer of straat man/vrou noem nie. Tensy dit op jou werk deskripsie form staan. Dan mag ek maar. En ek preek ook glad nie. Maar jy word groot met die gedagte dat vuur jou brand. Wat soms lekker is, maar as jy jou vinger op ’n kooltjie gaan druk, gaan jy gebrand word. Dit is die wet van die natuur. Waarom sal jy wil neul en teem na die tyd? Ek het my weird vriende...mense wat ’n bakkie vrag pynappels na ’n hoer huis vat en vra of hul kan R300 se pynappels inruil vir die dienste van die huis. Ja hy is ’n jong opkomende boer. En drank maak enige mens maar snaakse dinge doen.

Ek ken mans wat van ’n donderdag saam ’n meisie kuier, en dan die sondag as hy haar aan ’n kamermaat moet voorstel wat terug gekom het, vra ide man...ekskuus wat is jou naam nou weer. Ek vind die gesig trekke en pyn wat ek in die oë sien vreeslik amusant. Nee ander se pyn is nie lekker nie, maar jy weet dat vuur brand? Ek dink persoonlik ek is die domste slim mens, of die slimste dom mens, wat ookal jou hare terug blaas. Daar is soveel situasies wat ek van beter weet, mar dink jy ek sal luister na my grys stof? O nee, hoekom sal ek dit wil doen. Jy is simpel om te luister. Ek lag gereeld vir my manewales. Ok meer as die helfte is om ander om my te laat lag. Want daar is niks lekkerder as om ’n glimlag op ’n ander persoon se mombakkies te sien nie. En as ek rerig geseën word, kry ek ’n lag. Ek leef vir glimlagte en opregte lag. Ek dink ek voel dieselfde hoog soos ’n ouer wat hul kind die eerste keer hoor praat, of eerste keer sien loop. Ek was gisteraand in Skelmbos(Stellenbosch) vir baie goeie redes...*wink wink* En terwyl ek by die BP staan om petrol in my sport motor te gooi, en nie een nie, maar twee groepe mense het my voorgekeur om foto’s te neem van my afro. Hul het ’n skattejag gehad, van die studente, en hul moes ’n wit man afneem met rasta hare, of ’n wolkop soos myne (afro). Ek neem aan die rasta hare en wolkop is skaars soos hoender tande of wit tiere. Ek het genoem julle kan nie foto’s neem van my nie(vir hul skattejag bewyse) want my ma weet nie ek rook nie.

Ek bieg...die glimlagte het gedeelte van my aand gemaak, en my beter helfte het volkome my aand gemaak. O...dis...lekker om te lewe ja dit is!

Friday, November 24

Kyk ma...geen hande!!!


Ek is mal oor die lewe se klein donker ongelukkies. Hoekom sal ons huil oor 'n werk wat jou niks betaal nie, oor vriende wat nie jou manier dink nie, en toilette wat nie toilet papier het nie? Dis vandag ’n sielsgenoot wonderlike dag. En nee dis nie omdat dit vrydag is nie. Ek is mal oor maandae. My rede is eenvoudig: Almal is nors en ongelukkig om weer by die tronke van werke te wees, en dan los hul my uit. Wat beteken ek kry soveel werk gedoen. En soos die week aanloop, verloor ek kosbare tyd soos die vlugvoetige blaam aanskywene mense in jou kantoor kom staan en blaam en teem. Maar dis als die moeite werd. Want soos die vrydag sy lang liefdevolle naels in jou rug slaan naby die punt van geen terugkeer nie, weet ek dat maandag oppad is. En maandag kry ek werk gedoen.

Ek moet nou vir 28 dae weg wees van my beter helfte. Ek vlieg die 2de Januarie en vlieg terug
die 28ste Januarie. Saam met dit, moet ek in PE wees vir my verjaarsdag. My tweeling sus kom kuier met al haar trawante van Johannesburg, vriende kom terug van New York en Amsterdam vir een groot plaas partiekie...en Marra sit in Uitenhaag. Waar almal met almal trou en almal vir almal ken...persoonlik. Ek het een aand, met vorige besoek daar, vreeslik lekker gelag. Ek wil sin begin het met die dame, maar sy was nie. Die dronk man het aangelê en aangelê...en hy moes onheilig gepraat het van haar of haar anatomie, want die volgende oomblik het ’n Mike Tyson regter hand van justisie deurgekom en ’n kennebak laat rondskuif soos ’n kat wat nie sy lê kry nie. Die ou se vriende het hom kom optel en weg gedra...dit was vreeslik oulik. Onnodig om te verduidelik dat ek alle oog kantak met die ystervuis vermy het.
Behalwe as sy my kos wou steel of my drank drink. Dan het ek waarlik die blommetjie met die geblikte arm aangevat.

Ek is mos ’n verkleurmannetjie. Pas my in elke omgewing en situasie aan. Hoekom sal ek dit wil doen? Ek hou nie van die kollig wat om my skyn nie. Of dat ek vir watter rede ookal uitstaan nie. Alhoewel my humor my altyd flous en uitbring van ’n hok bestaan. Maar dit is so gekies vir my en ek is gelukkig daarmee. Nee ek maak nie of ek iemand anders is nie, ek is myself, net nie oordonderend nie. Aandag is vir iemand wat daarvan hou dat mense hulle pla. Ek raak fisies as iemand my nie kan uitlos nie. Of dit nou adam of eva is. Ek het ’n baie groot mentale krieket kolf wat ek nie skroom om te swaai nie. En julle dink Lance Klusener slaan sesse? Hahahahahahaha
Om terug te kom na Uitenhaag...Viva Uitenhaag meisies! Nou ja...ek moet werk van die 16de Desember tot die 28 Januarie. Een van twee dinge gaan gebeur. Ek gaan of baie drink of baie rook en dvd’s kyk. Ek is bang Uitenhaag smeer af op my. Hahahahahaha...Nee dis ’n grappie julle. Wel ek moet reg maak vir ’n wonderlike naweek van trek, piekniek en wyn. Mag julle almal ’n geseënde naweek hê en as julle nie kan goed wees nie, wees goed met dit!

Tuesday, November 21

Hoe nou waar nou wat nou?

Hoeveel keer het ons die vrae al gevra? Pok as ek net aan my lewe dink...paar duisend keer? Want dis so lekker? Nee wag, want die hulpelose gevoel laat my semi opgewonde raak? Ek dink mense doen dit aspris...trek skouers op, want dit vat te veel moeite om te dink. Nee, trek jou 18+ spiere om jou skouers op te trek, maar moenie waag om jou 1 brein te gebruik nie. Hoe durf jy....hoe durf jy jou satan slet!

Storie gaan so...

The Sergeant:”Ek het mooi gevra dat jy die ratkas moet oopmaak en die helikopter was?!”
The Corporal:“ Eish, I don’t know how, the gearbox is too much…”
The Sergeant:” Hoe het jy gekwalifiseer in die lugmag?”

The Corporal:” I do not understand…(Hy kyk weg)?”
The Sergeant:” Moenie kom staan en dom speel nie, jy het nou net ratkas vertaal! Ek is seker jy maak of jy nie verstaan nie en dan doen ons jou werk, vir jou?”
The Corporal:” Eish, I’m not dumb, you…you are fat!!”
The Sergeant:” Ek het nie gesê jy is dom nie, ek het gese jy hou jou dom. En ek is miskien vet, maar ek kan gewig verloor. En weet jy...jy is swart, en gaan vir altyd swart wees...!”
The Corporal:(Lag klip hard….skud sy kop….draai om en loop)

VRYWARING:

En vir die wat hier lees en wil polities raak. Ek kraak niemand af nie, ek vertel die storie soos dit gebeur het, en ek wys nie vinger na enige persoon spesifiek nie.

Ek wonder soms hoekom ons as mense, moet moeilik wees. O ek kry my waarde vir piesangs in. Moenie fout maak nie. Ek moet hard en duidelik my tong dophou, anders kan ek oproerig raak oor die kleinste dingetjies. Nee, ek is nie soos sommige verskonings op die net en verkondig my talente as ’n manipuleerder van mense nie. Nog minder preek ek omdat iemand se geloof verskil van myne en terwyl ek my meisie verneuk en beswadder nie, maar somtyds, vergeet ek van die menslike waarde en liefde vir die naaste...En ek voel sleg daaroor.

Maar dis omdat ek dink die mense doen dit aspris. Hulle is soos kinders. Wil kyk hoe ver hul jou hart klop kan vat. Vir watter kinderlike rede ookal. Gelukkig het ek myself geleer om twee keer te dink. Anders was ek al of in die tronk en iemand se gat gabba, of ek het 6 voet onder die mooi grasperk gelê van een of ander begraaf “plaas”. Baie snaakse woord maar nou ja. Ek sal altyd my tong probeer dop hou, en vir die wat die sout sweet van my voete al geproe het, ek vra nederig omverskoning omdat julle nie dink nie.

Wednesday, November 15

Hoekom sal mense dit alleen wil doen?


Sommige van ons kan net nie alleen wees nie. Ek het dit soveel keer in my lewe al gesien. Mense verwaag in hul alleenheid. En ek verstaan dit. Maar twee bene is, onder andere, gemaak om op te staan. Veral as jy uit die skool is. Ek ken mense wie se ouers hul beskerm met hartelus. Maar die pok weet, soos ons almal op internet gesien het al....wolwe jag in groepe. Wat my laat dink aan die grappie...”Seuntjie van 3, sê vir dogtertjie van 3: “Kyk daar is ’n kondoom op die patio!” En dogtertjie antwoord: “ Wat is ’n patio?”

Ek sal nooit my eerste Tuks jool vergeet nie. Ek het met my beste klere en groot, opgewonde oë na die plaas van alle onheilige dinge gery. Ek was 16 jaar oud en danksy vele hulp, reg vir die groot partytjie. Wat ’n prentjie...Dis hemels groot bier tente, 3 donker nag klubs se platejoggies wat mal gaan, en een groot teater waar eg SA musikale groepe my bene laat spring en dans het dat ek liters en liters bier verwerk het ’n baie kort tydjie. Dit was my eerste ervaring van lewendige groep optredes. En ek was vir altyd verlief en verlore...Ander tyd meer inligting daaroor. Ons het so gedans en rond geloop, ek kon ’n emmer vol water maak as ek my klere sou uitdroog. Dis snaaks want daardie tyd was daar ’n paar groot baniere opgesit met groot letter....”Geen seks tot en met die huwelik!”...My derde jool was die slagspreuk: “Geen seks sonder kondoom!” Dit is ongelooflik hoe vinnig alles om ons beweeg en aanbeweeg. Eendag gaan ek vir my kind, terwyl die klein siel in baarmoeder sap dryf, al moet verduidelik hoekom daar twee monde is of een mond en ’n stokkie. En ek sal nog met identiese geslag tweeling regkom. Maar hoe verduidelik ek die verskil terwyl ’n tweeling bestaande uit meisie en seuntjie, die vlinder slag beoefen in die plasenta water sak wat lewe gee? Ek kan nie eers die een hoek toe stuur of vra gaan staan buite nie?

En dan nog te verduidelik van die pad van geboorte nie...”Erm...nee my seun, jy het nie so kanaal nie, maar volg hom net tot jy die lig sien...En moet om hemels naam net nie bang wees nie.” Maar ek is ook nie bang nie...Sal die een engels leer en die ander afrikaans. Ek dink nie dis prakties moontlik nie maar ek moet iets probeer. Gelukkig het ek tyd om dit alles deur te dink en plan te maak. En soos meeste mense my ken. Ek is marra man met ’n plan. Terwyl ek die seks opvoeding in die baarmoeder doen, gaan ek sommer musiek lesse gee aangesien klank golwe verder en beter in water as medium beweeg. Dink net, die klein siel word gebore met kennis.

Friday, November 10

Agter af anders is jy braaf

Ek wonder altyd hoekom mense die vlekvrye vleis mes vat en hom druk waar jou oë nie kan sien sonder hulp nie. En van hulle is so parmantig dat hul die vleim skerp mes druk waar die son nie skyn nie. As mens ‘n homoseksueel was sou ek verstaan. “Nee my lover, jy moet jou anderkant vir my wys, nie jou gravitasie balans beentjie nie, sodat ek hom diep kan indruk…”. Ek is seker die algemene homo erectus onder ons sal dit nie uit eie wil of eers met ‘n verlore siel jou blink kant draai uit eie wil vir die vlym skerp liefde wat gaan volg nie. Die enigste, ernstige en fisiese mes steek wat ek ontvang het, was broer van my bloed, wat so kompenterend was dat hy eerste gebore is. Eerte met 3 jaar. Ek wou nie swem totdat dit brood nodig was nie.

En ek het net geswem om my eie lewe te red. Dit daar gelaat…Ons het die mes speletjie gespeel waar jy ‘n mes gooi sodat sy lem eerste die gras/grond deurboor en dan regop bly staan. Waarna jy jou voet moet skuif na die mes en dan word beurte geruil. As die mes regop staan in lyn met jou twee voete se tone en hakke, MOET jy omdraai en jou blink kant wys. En dis waar ek uit eie wil en met groot vertroue my “O” ring vir my lieflike broer gewys het. Ek het nie juis iets gevoel nie, maar plaas van gras/grond deurboor, is my blink kant, vol hael skade, deurboor met ‘n vlekvrye lem. Julle moet asseblief nie my ma vertel nie, anders sal sy nou nog haar moederlike plig doen en ons altwee met liefdevolle, moederlike hande ons sal laat dink oor die saak en met vinnige en harde bewegings my en my broer ooreed OM DIT NIE WEET TE DOEN NIE!

Nou ja ek het nie meer ‘n bewys merk nie, en al hoekom ek dit kan noem is omdat ek nie daar kan sien nie, en menigde vriendelike toeskouer van my manewales het my verseker dat ek nie ‘n lit-teken het nie. Maar ek sal wel erken ek het lit-tekens nog in my siel nog in my hart, waar een of ander wetter sy vlekvrye lem in my rug gedruk het met groot hartelus. “Het ek dit verdien?” is altyd my eerste vraag. “Het ek jou kos gesteel?” is my tweede. En dan laaste maar nie enigste, “Het ek jou bloed verkoop vir lekkers?”. En ek antwoord altyd nee op die vrae? So hoekom my deurboor met jou selfsug en jou haat? Omdat ek my werk beter doen? Omdat ek ‘n mooier meisie het of meer geld het? Omdat ek glo? Omdat ek kan lag vir die lewe omdat ek pokken kan? Wat ookal die rede is…Wie gee die grot bewoner, siel siek, ongemanierde tabak blaar van ‘n verskoning om te lewe, die reg om my, of my siel enige kwaad aan te doen. Ek lag groot en deels dat ek verstik in my eie ensiem gevulde binne mond water…Want hul haat, jaloesie, minagting en verlore siele is so groot problem, hul bewys hul mensDOM en kom dit nie eers agter nie. En laat jy dit durf waag deur hul eie hoes stroop of weermag konfyt uit te deel.Dan is jy…dan is jy…pok hul raak so kwaad hulle het nie woorde nie? Maar hul kan leuens uitdink? Daar is ‘n statige leuse wat ek met liefde gebruik na so gebeurtenis. “Kyk my ten minste in die oë as jy die wapen vuur en jou petroon my brein vermorsel”. Is al wat ek vra…maar is dit te veel gevra?

Maar ek vergewe en vergeet, maar die vertroue is weg my maat. En ek weet dit beteken in jou woede aanval niks nie. Maar ek en almal wat daarvan hoor, verloor geloof in jou mank siel. Maar dis deesdae te maklik…te maklik om op jou rug te gaan lê soos ‘n teef sodat een of ander skurf hand jou maag kan vryf*daar is iets soos hande room*. Pok as ek 6 – 8 tepels gehad het, het ek ook op my rug gaan lê en gevra dat almal my maag vryf…toe…asb…nee man vryf hom…moenie lek nie…nee…wag daarsy…Ok doen nou wat jy wil met my…Maar hierdie suigstokkie wat nou so lekker tik, appel geur vir die wat wonder, het dit ook gedoen. Pok die wang draai mense…Ek het alles gedraai wat nie met my blink kant te doen het nie…”Ok ek is moeg, *draai wat nog nie merke het, vorentoe*…steek my maar dood. ‘n Baie goeie vriend sê gereeld dat hy nie kan verstaan dat mense so kwaad kan raak as jy hulle uitvang met ‘n leuen nie. In plaas daarvan dat hul dit net erken en omverskoning vra vir die mislukte poging, sal hul eerder skaam-kwaad optree en nie met jou praat nie of verdere leuens by ‘n gewillige oor aflewer. En dis ok…Maar hoekom kwaad vir my? Omdat ek geweier het om te aanvaar wat jou hayiena beslaapte mond uitgespuug het?

Almal oortree, almal vertel leuens, “Nee oom, ek het nie jou twak gesteel nie”. “Moenie twak praat nie ou seun”. “Nee oom dis eintlik lug en woorde...*verlore kyk op mombakkies*. “Maar ek het jou kar verkoop vir drank geld…is ek vergewe?” Ek het vandag vir ‘n verkeers konstabel die waarheid geantwoord. En ek het nie vir sy kersfees bonus betaal nie. Miskien was dit omdat ek baie groter as hy was, en hy geen wapen gehad het nie, of dalk het hy sy “Kellogs” ontvang vanoggend. Of dalk was dit my stukkende werks klere omdat my salaries nie nuwe kleure kan koop nie. Die Vader alleen sal weet.

Eerlikheid vir die rekenaar ongeletterde mense se vraag van het ek ‘n “stiffy”? “Nee boet…ek het nie ‘n “stiffy” nie, nog minder ‘n “floppy”…Dis net ‘n half mas poging om die bloed wat moet vloei, suiweren op tyd te hou. Veral in die winter as dit so koud is soos ‘n proffesionele straat vrou se hart.

Probeer jou leuens, ons is mens, maar erken as as dit nie geglo word nie. Dit kan ‘n lewens-veranderende gevoel oor jou laat spoel wat wel die “stiffy” gevoel vir sommige sal gee. Of dalk net ‘n glimlag…en maak nie saak watter gevoel jou hare terug blaas nie, saam die gevoel, haal eie erkenning een moerse groot rots jou skouers af, of neem ‘n swart sterretjie voor jou naam weg.

Ek erken ek was ‘n alkoholis, ek erken ek het my beter helfte lief dat ek musiek hoor en op wolke loop, ek erken ek het my eie doeke vuil gemaak, ek erken ek het leuens vertel, ek erken ek het skelm gerook en gedink ek is groot en sterk en beter as die res…en laaste sal ek erken ek het in my eie neus gekrap opsoek na goud. Want ek is geleer jy gaan altyd vir goud!

Laastens erken ek, dat ek mens is…gewoon, stout, sondig, vol planne en soms vol stront. Want ek lewe, haal asem en drink whiskey en skei “Lion” bier af.

*Dank Vader hul het dit gestop*

Wednesday, November 8

Gaan dood jou blerrie mot!!


Somtyds in ons allerdaagse lewe, kry jy die oomblike van totale waansin. Wel ek kry dit nogal gereeld, en ek sien altyd humor in enige situasie. Veral as dit een of ander moederlose natuur ongeluk is wat vieslike woorde tik op een of ander web tuiste waar iemand van die hart skryf. Ja ons almal het nie tik op skool gehad nie, en blykbaar het afrikaans nie geseëvier nie. Maar wat daarvan?? Ek kan net dankbaar wees vir so baie.

Ek is dankbaar dat mense een ding op die brein het...Ek is dankbaar dat mense hul eie nasie moord en roof. Ek is dankbaar dat ek siek word en almal aansteek deur op hul te gaan nies of hoes.(As ek nie mag afkry omdat jy kan SIEN ek is siek nie,gaan ek hier dood en vat soveel saam as moontlik meneer). Hoekom is ek so dankbaar? Wel dit vat soms ’n naweek saam met iemand baie spesiaal om rêrig ’n lewens-veranderende ervaring deur te maak. Dit klink nou na iets onheilig, maar ek is ’n plat op die aarde mens met plat op die aarde voete en plat op die aarde waardes. Veral as ek by Randburg Waterfront instap. Dan val alle menslik-nodige waardes van my skouers af, en na 3 ure van rond kuier val ek ook plat neer. Juistement die plat op die aarde beskrywing van myself. Terug na die naweek.

Ek het uitgehelp met tegniese taakies wat min mense sal doen of sal wil doen. Ek het tyd spandeer saam met iemand wat my 99% stimuleer. Ek het moeë oê toe laat val met harde knal in 0 decibel geraas omgewing. En ek het so geslaap, dat klasvaakie nie eers ’n vinger wou lig vir my nie. Weet nie waar die vinger was nie maar hy het hom nie gelig nie ek beloof. En ek het tyd saam met geliefdes spandeer wat ek lanklaas gedoen het. So vandag is ek baie dankbaar...selfs vir die bure wat so skree en raas op mekaar en dan mekaar in die parkering oor-en-teer. Ek is dankbaar vir ’n slegte salaris by ’n baie snaakse maatskappy.

Bo alles is ek dankbaar dat ek kan asem haal en klere wat ek kan aantrek. Want pok weet ek wil nie hof toe gaan omdat mense hul DOOD gelag het vir my nie. J As ek moes kies...sou ek elke naweek so wou spandeer. Maar as ek terug dink aan die laaste 3 maande se naweke...kan ek nie dink dat ek NIE ’n goeie naweek gehad het nie. Dit klink nie mens moontlik nie, maar elke naweek word beter. Nee ek het nie die Eden tuin perfekte lewe nie. Maar al die negatiewe maak nie saak nie. Nie in die minste nie. Wat vir my tel is waar ek was en saam wie ek was. En ek sal veraltyd so wil spandeer.

Altyd....

Thursday, November 2

Pieter paas haas en sy selfoon oomblik


Nie nog ’n klaag lied nie....net nie dit nie. Nou maar goed, ek gaan my beste gee. Maar pok die mense kan jou bloed laat kook. Grem noem, of sy “wonderlike vriendin” noem dat hy erg is oor sameswering teorie, wel hier is my teorie ons wonderlike 082 diens verskaffer...

Ek moes na my ma geluister het, toe sy in haar wonderlike moeder strelende stem vir my gesê het: “ Daar is nie so iets soos ’n ete verniet nie “. Dit pla my dat ons as mense na ’n advertensie sal kyk en dink jy kry enige iets verniet?? Ek verpes dit om aan te neem, maar ek neem aan dit werk net met sekere persoonlikhede in ons wonderlike reënboog nasie? Want die Vader weet ek kan nie indink dat ’n mens dit sal glo nie. Die ergste is, hul bewyse is baie logies en maklik om te glo en te verstaan. Maar die paranoiese, onwettige klein mars man in my, weier om geprogrammeer te word om sulke snert in te neem en te glo.

Om terug te kom na ons “werk jou deur die ore” diens verskaffer, ek het op jong en naiewe ouderdom, die kontrak van die duiwel geteken saam met my pater(ek was te jonk om self die duiwel se diens te kry). Na vele tande kners en swets, omdat my pater moet bel om enige verandering te maak, wou ek die foon op my naam registreer. Wat behels dit vra julle vir my? Wag vir dit...wag…’n 13 syfer nommer te verander. Alle inligting op hul duiwel netwerk stelsel, is my inligting. Alles, behalwe die id nommer.

“Kan ek die id nommer verander op foon kontrak van my liewe pater se nommer na my id nommer asseblief.”

“Excuse me?”
“Can I please change the id number on the contract for number….”
“Yes sir, certainly sir, that will be 2 seconds and R230 please sir…”
“**Hoes, proes en algemene hart versaking** Uhm...Is this for a new contract?”
“*Laughing* No sir, that will be the admin fee.”
“You realize its R17.69 per digit to change?”
“Yes sir, that is our admin fee.”

Ek is bevrees ek kan nie die opeenvolgende woorde hier skryf nie. Wat is die einde? Ek het nuwe kontrak geteken, en probeer al vir 3 maande die ander foon kanseleer. Hoekom 3 maande? Daar is vir my gesê jy moet ten minste 90 dae kennis gee. Ek bel elke maand van Augustus af, om ’n foon te kanseleer.

“My name is ****** how may I help you.”
“Hello, my name is ******* and I would like to cancel my phone….AGAIN.”
“Gee details…”
“Sir, there is no note or log on our system that you have cancelled the cell phone.”
“Hmm…that must be the reason why I have been paying you blood money for 3 months now?”
“Excuse me sir?”
“No nothing, I have been phoning since August to cancel the phone.”
“Sir you know that you have to give 90 days notice to cancel a contract.”
“I have been phoning since August to cancel the phone”
“I heard you sir, but you have to give 90 days notice to cancel a contract.”
“August I went to the market…30 days…September I stayed home…30 days …October I confirmed the cancellation…And 90 days was known…”
“Silence….”
“The beginning of October, I phoned and queried the operator 3 times. 3 Times I was told the contract will be cancelled and the sim card will be useless.”
“You do realise that you will loose the number sir…”
“I do, but I fail to see the negative side of loosing your number?”
“Silence…”
“Sir if you can give me the exact date and time you phoned I promise to sort this out for you.”

“Wow…**laughing**…you are funny. Our company is small compared to some in South Africa, we don’t have 20 drives to captures all calls coming and going. If they did, I would not be phoning you, using their telephone now will I?”
“Sir, can I make a note that you want to cancel your phone.”
“**Disappointment but respect for tactful subject change** Yes please”
“Sir, your phone will be cancelled the end of November 2006.”
“Thank you kindly and regards to satan…”
“Excuse me sir?”
“Nothing, have a good day and thank you.”

Ek kla nou lekker, maar ek wil dankie sê dat hul my eet soos ’n mielie...want anders kon ek nie “gou” ’n braai reël nie, sonder hulle sou ek nie enige nood dienste vinnig kon kry nie...Sonder hulle sou ek nie die polisie kon bel omdat een of ander hond my been verkrag nie.

Dankie dat julle daar is.