Wednesday, December 6

Is dit dood wat ek ruik…



Dis storie tyd. Ek het gister, vreeslik moeg en deurmekaar, my lam bene oor my drimpel getrek. Die denkbeeldige “Welkom” matrassie voor my deur het my hart verbly. Gedurende my ontkleding van werks klere en fabriek stank, het ek ‘n ander onaangename reukie raak geloop. Net daar en dan het ek besluit om my neus speurder te hou. Eerste gedagte: POK! Ek het vergeet om my wit troon skoon te laat spoel met brackenfell se brak water. O nee, ek gebruik die werk se wit troon so veel moontlik. Want in die lewe is dit GEE en NEEM, en as ek poef salaries GEGEE word, dan moet die werk my “presentjies / fakse” NEEM. Volgende item op my soek lys…koelkas. Ek is trots om te sê ek hou nie items in my koelkas totdat dit hans begin terug praat of verkleur nie. So groot was my blydskap ook toe die koelkas nie geblameer kon word nie. So deursnuif ek my wasmasjien, die mikrogolf oond, my vuil wasgoed mandjie en my kamer vir lang verlore maag gasse wat weg kruipertjie speel in kaste dalk.

NIKS…nou wat kan dit wees. Met nadere ondersoek, besef ek die reuk wat my siel vergruis, kom van buite en my spaar kamer het mo seen moerse gat in die deur. Dis asof ‘n atlantis rot, hulle is so groot soos katte, sy tande gesluip het op my soliede agterdeur. Ek is met lampe, kerse, grawe en met kos wat in rantsoene opgedeel is, uit by my voordeur. Met groot avontuur lus loop ek om die draai van my woning. Dis net daar waar my asem vir my weg hardloop, my oë traan en ek alle gevoel in my onderlyf verloor. Het my afrika bure dit nie goed gedink om ‘n VUIL doek - nie skoon doek soos men sou verwag het nie - maar VUIL doek op te hang op die wasgoed draad nie. Self die yster draad wat gespan is vir SKOON wasgoed, het laag gehang soos die reuk sy yster molekules anti-kloks laat rondomtalie het. Ek het natuurlik alles saam gebring behalwe ‘n vars suurstof tenk. En met haastige voete en wasige visie het ek dit terug gemaak waar die wind my lewe, wat reeds op draadjie was, terug gegee het. Ek het dadelik my woonstel in gestorm en alle vensters en deure toe geseël met handoeke, lappe en hemde waar daar DALK gate kan wees. Na 30 minute van kragte bymekaar skraap en baie water drink, het ek dit goed gedink om langsaan te gaan klop. Dis nie hulle doek nie…So staar die volgende 4 woonstelle se bewoners my aan met groot gelag. Dis nie hulle nie. By die 5de woonstel, wat 50 meter van my af is en sy eie wasgoed draad het, sal die afrika moeder met oorgawe en wit tande vir my vertel sy is jammer. Sy het wasgoed opgehang, kind was by haar, doek is vuil gemaak en net daar het sy opgehang en skoon vergeet van die vullis op die wasgoed draad. Ek wou vra hoekom sy nie haar eie gedeelte gebruik nie. Maar ek verstaan dat baie mense die wasgoed draad moet gebruik. Nou ja, vir 2 ure daarna het ek probeer om die groen wolke in my woonstel te ontsmet met alles wat ek in die hande kan kry. Ek moes orige verf blikke weer oopmaak en hier en daar weer die muur laat verf waar die reuk die huidige laag verf laat afdop het. Maar alles is nou skoon en netjies vir my gaste se besoeke. Ek wil sommer nou weer vir my ouers omverskoning vra vir wat ek in my doeke vir julle gelos het. Julle is wonderlike ouers!

Ek is seker my “ma vriendin” gaan lekker lag vir die storie. Want sy het dieselfde deurgemaak. Nou ja…nuwe respek vir jou! Sterkte vir die doeke tyd wat nog voorlê indien enige. Maar ek onthou nou die doek tyd is verby? En viva alle kinders van afrika!


8 comments:

Drizel said...

whahahahahahahah...ai parra, sonder die prentjie het ons nog ons eie prentjies. Eeewww vir paar van die statments but all and all baie funny
Shame...

Anonymous said...

HAHAHAHA
Dog is jy nie allen in jou vinding van snaakse wasgoed lyn verassings nie
ek het al gehoor van 'n kondoom wat dit was lyn toe gemaak het.
bediende het bedde goed gewas en die is toe daarby, en ook daarby opgehang
my innige simpatie met jou reuk sintuie

Donsie said...

Ja nee Marra ek kan jou snaakse stories vertel van vuil doeke, maar die beste wat ek graag met ons lesers wil deel is toe my dogter 2 dae oud was en ek haar klaar uitgetrek het om te bad.
Ek het my hand onner die boude en ander hand agter die rug (ek toe nog stupid sien) en oppad na die badjie, toe kry ek dit in my hand. Wonderlike sensasie...

My ma glo as jy droom dat daar kak in jou hande val gaan jy baie geld kry. Nou weet nie of dit in die regte lewe ook geld nie, maar anyway - kom ons hoop jou vuil doek episode gaan vir jou baie fondse in jou sak steek.

Mens moet maar seker die positiewe in alle kak situasies soek ne...
Excelent post!!!

SaM-GiRL said...

hahahahahahaha! die dom vrou.... nee hoor, vir wat hang sy die ding nog op "blluurgh"

Anonymous said...

Dalk wou sy hom weer gebruik

SaM-GiRL said...

ja maar sekerlik kon sy hom EERS was en DAN opgehang het! =(

Anonymous said...

Ek stem saam, hoekom briek merke op publieke plek uitstal? Dis mos heel teen die wet?

Pok...kondoom...her-gebruik mense dit ook? SIEK!

Flip donsie, ek is nou baie honger dankie!

Heheheheh Etain, jy weet ek is 'n Eeewww mens...So nog Eeeewww is oppad.

Viva a la Marra!!!

Drizel said...

Ja jy kan my maar uit eeeewwww...maar ek sal altyd lees....so leer ek hoe die ander helfte leef.
whahahahahahah