Tuesday, December 12

Kook my, eet my, verteer my!


Ola!

Wat ‘n lekker dag het ons vrydag nie gehad nie. En dit nadat daar 60% kans vir reën VOORSPEL is. Nou ja min weet wat persentasie rêrig beteken. Maar selfs ek was geskok na donderdag, toe die son amper so mooi soos my beter helfte geskyn het! En nee dis nie die duiwel met ’n flits lig nie...

Waar is jy nou?

Ons jaarlikse werks funksie is gehou. En ek, wat deel is van die Funky Group by werk, is uitgedeel by die potjie kos kompitiesie. Was dit nou feeste om almal se potjies te help reg kry. Maar laat ek eerder nie van kos praat nie, maar my dag...Dit het so goed begin...Vir verskeie redes natuurlik. By die potte uitgekom...ek wou mos ’n kaas en bier pot brood maak. En snaaks genoeg is ek altyd een wat vir mense lag omdat hul nie ’n resep volg nie...So meng ek die bestandele...en begin bier gooi...na een botteltjie, lyk die mengsel droog, en vir een of ander rede het ek bly onthou van die deeg wat my liefste moeder altyd gemaak het, en dit was GLAD nie droog nie...Na nog so kwart bier, lyk dit beter...maar toe besef ek met ’n harde vloek woord in my grys stof...ek is besig om skons te maak...wat ’n gemors...Ek het toe vir almal lat weet dat ek my pot brood verander na “pot muffin”. Almal het gesê dis baie lekker, en dit was, dit was net nie die oorspronlike poep gewees nie. Die potjies was heerlik. Een was bietjie sop, en ek het duitsers by ons werk gevra om duitse pot te maak. P-I-G(mens mag nie meer vark sê in goeie geselskap nie) en suur kool. Was dit nou lekker. Maar natuurlik was die beste pot my en Nico sin. Ons het nie gewen nie, maar flip die pot was lekker. Ek het myself oor-eet natuurlik. Ek het soos ’n pot gelyk en voel toe ek huis toe ry. En rol-rol by my woonstel voordeur aangekom. Ek moes natuurlik eers ’n stort vang...en met die vol mag het ek my bene stomp gehardloop maar kon nie die blerrie stort ingehardloop kry nie. Moes net my hare was. Want ek het erger geruik as ‘n plakkerskamp hut....wat rook betref. En vroeg vroeg het klaas vakie sy sand kom afgooi by my. Nie liggies nie...want ek het hard met die bed kennis gemaak. Maar ek het heerlik geslaap, lekker, snoesig...*wink wink* Om terug te kom na die potjie dag...

Ek is moeg maar gelukkig danksy jou!

Met my beter helfte aan my sy...het ek die dag ongelooflik baie geniet. Almal wat saak maak, was mal oor my klein “wonderwerkie”. Ek het naderhand gevoel soos ’n skou perd en het amper begin pronk. Gelukkig het my ma my beter geleer. “Sy” was so tuis tussen die oulike mense. Net daar het ek besef ek hoe baie ek geseënd is. En hoe gelukkig ek is om iemand so wonderlik soos “Sy” te ontmoet in ons korrupte klein aardbol. Ek verstaan nie hoe ek ooit met my lewens pad geloop het sonder “Haar” nie. Want niks van my lewe voor ons ontmoeting maak meer sin nie? Ek kry rillings as ek dink wat as...wat as ek nie by my vriend geëet het nie…wat as “Sy” nie opgedaag het nie…wat as my vriend ons nie saam genooi het nie? Maar dan besef ek die Vader is in beheer van my lewe. Ek dink soms ek is die hoofman oor my bestaan...maar ek is nie. Ek het sommer nou dadelik vir “Haar” ’n sms gestuur...Een van vele in my dag. Dis miskien te veel maar ek sms “Haar” elke keer as ek aan “Haar” dink. Ek kan dit nie help nie. Ek het van oggend vir “Haar” gesê ek sien “Haar” in alles wat ek doen. Ek het so 30 persent deurskynende prentjie van haar op my agter oog vlies. En maak nie saak wat ek doen of voor kyk nie...ek sien haar...selfs as ek my oë toe maak sien ek haar. En dan bring haar visie hierdie vrede in my...En ek kan glimlag op ’n neerdrukkende warm dag, en stinkende dag, en net “te veel werk vir een” dag...En ek voel met nuwe moed weer lus om almal eerstens te gaan pk wat my moeilikheid gee, en tweedens om beter werk te verrig! Dankie my “wonderwerkie”. Dankie dat jy vir my glimlag, Dankie dat jy my sms, dankie vir jou weg gesteekte briefies. Dankie vir jou gesels, Dankie vir jou kyk...en dankie dat ek jou hand mag vashou. In my lewenspad is ons ontmoeting die hoogtepunt! Die hoogtepunt van nuwe dinge, nuwe betekenisse en hoogtepunt van herstel, geduld, liefde en waardering!

Ek mis jou!!

Sondag het ek saam met my “wonderwerkie” by familie gekuier. Ons het lekker gelag en gesels. En heerlik geëet. My oom is bobaas kok. En my tannie het ’n kersie, feta, salami slaai gemaak. Klink snaaks maar dit was heerlik. Die P-I-G boud was ongelooflik lekker en sappig.

En daar het ek ook amper myself oor-eet. Maar gelukkig het ek groen tee in my yskas...vir die wat dit nie ken nie...Kry vir julle...dit laat jou uitlaat pyp wit brand soos dit jou binneste ontgif.Dit help om so nou en dan net jou liggaam te reinig. Anders kry jy dalk kak idees...En in my lyn van werk sal kak idees my groot belemmer! Viva lewe!!

Praat later!

7 comments:

Drizel said...

Dis so mooi dat jy alles so baie geniet. En dankbaar jy wardeer jou beter helfte so baie, dis mooi.
Potbrood is baie lekker!!Maar skons......jummy....jummy

Marra said...

Heheheheheheh...ek noem dit skons want wat daar uitgekom het, was nie pot brood nie...pwhahahahahaha

Maar ek het nou reeds idees om te meng en te moes. Ek dink daaraan om nuwe "1-time" resepte te versprei. Want jy gaan dit net 1 keer probeer.

Ja ek wens ek kan meer waardering wys. Want ek is dankbaar. Sommige noem dit "whipped" uit jaloesie of wat ookal. Ek sou nie so in die begin sê nie, en geen normale man sal dit erken nie. Maar ek is nie normaal nie en gee nie om wat ander dink nie. Sy is wonderlik, slim, pragtig, geduldig, opgevoed, sterk, spelerig, gesels-erig en passievol!

"And liver alone...cheese mine!"

Drizel said...

ag dis nice parra.....ja wipped is om hul jaloers is want hul wens so hul kan iemand great ontmoet. Maar as jy 'n ass is gaan jy nie....dit se ek aan hulle.
se vir jou dame by the way ek se hi, en groete!!!

Donsie said...

Uiteindelik na soveel jaar - ek net bly - niks meer...

Nosjunkie said...

ek wens soms ek het jou uitsig op die lewe gehaad

Anonymous said...

Sjoe lee...dit was nou een van die grootste komplimente van die dag!
Baie dankie...*bloos*...Maar ek wil net een klein dingetjie sê, jy beteken meer net omdat jy 'n vrou is...Vir wat wil jy deur man se oë kyk? Hahahahahahahahahahaha

Ek sal soveel moontlik my visie op skrif sit.

SaM-GiRL said...

liver alone....cheese mine....LOL..
ai al die klein goed amuse my vandag....weereens nice blog marra. (as always)