Friday, January 26

Vuur en vlam, ver…ver van die dam

Dit is ongelooflik hoe baie die haar kleur in vandag se tyd ’n rol speel op die persoonlikheid van die mens. My 1 teorie is dat dit grootliks die mense om die persoon is, wat groei. En nee nie net die ouers nie. En ek bedoel ook geensins dat dit ’n negatiewe invloed is nie. Maar hoe kan haar kleur iemand kwaai, dom of beter as ander maak?

Ek kan geen DNA bewyse daarvoor kry nie, en ek het my vingers al stomp en bloederig ge”google” na enige antwoorde. Plus ek het met my eige oog gewaar hoe iemand se persoonlikheid bietjie verander as gevolg van die hare wat ander kleur is. Rooi = gewaar, blond = dom, bruin = tussen blond en rooi en jaloers op eers genoemde. Maar wat betekn dit? Een of ander aap met dik bril en wit jas, het by huis opgedaag nadat hy saam sy dik bril vriende gaan drink het, en sy vrou het hom lip, tong en koekroller gegee, nie omdat haar hare ’n kleur is nie, maar omdat dit natuurlik is vir 1 persoon om bekommerd te wees en seergemaak te wees. En wragtig, toe die pankop met skewe bril sy babbelas behandel by die werk, het hy rooi en kwaai in ’n formule gesit en vir die ander, wat nog dronk is, oorreed dat hy met alkoholiese insig die antwoord van natuur gekry het. En hulle het hom geglo. Want wie stry met ’n brein wat pyn, oë wat nie kan kyk nie en ’n tong wat vasplak teen als innie mond omdat die 7 jaar droogte aangebreek het. Ek het in my lewe baie vroue aspris kwaad gemaak. En ja meeste van hulle het rooi hare. Maar dis omdat hulle kwaad gevoelens opkrop. En as daar 1 onderwerp is wat ek goed verstaan:Vroue(enige) moet nie gevoelens opkrop nie. Dis baie sleg vir hul emosies en hul geliefdes. Want as die bom bars...So ek sou tipies die vriendin irreteer totdat op my geskree, en sommige, my geslaan word. En die verandering daarna is ongelooflik. Hulle is vriendeliker as toe jy hul ontmoet het! Hoekom doen ek dit?

Want as ek 1 dom man kan red van homself, is dit ’n goeie week. Min mans doen moeite. En die lys van klein goedjies wat hul kan doen is groot. Te groot om te noem. Maar 90% van vroue is tevrede met min. Rêrig min, so jy kan dit nie eers moeite noem nie. En die man/verloofde/ou wat nie moeite doen nie, gaan les opsê. Maar hul besef dit nie. Ek weet ook nie als nie. Ek dink net my voet se groot toon, is in die deur wat verstaan betref. Plus ek is iemand wat dit kan hanteer dat vrou uitbars teenoor my. Want ek vat dit nooit persoonlik nie. Want dis nie ek nie. Dis ’n situasie wat haar omkrap. Ok vroue moet ook leer om meer hul beter helfte te vertrou en beter oor te dra. Ek lag my dood vir mans wat sê vroue verwag hul moet ruik – sy verwag ’n oor wat LUISTER en PROBEER VERSTAAN. En dan is my ander maag oefening vir vroue wat sê hy verstaan my nie – het jy dit DUIDELIK gemaak wat pla, tot op die punt? Mans sal verbaas wees hoe sommige vroulike logika meer sin maak, as jy net luister. En vrouens sal verbaas wees hoe goed ’n man kan luister, as die punt duidelik is. Nou hier is 1 van die grootste geheime wat EK geleer het.

Mans – Vroue werk met die probleem op hande en konsentreer op die probleem – hoekom het dit gebeur, waarom het dit gebeur, wanneer het dit begin.

Vroue – Mans werk dadelik aan die oplossing en konsentreer op opsies vir probleem – hoe nou van hier af, wat nou verder, wanneer om wat te doen.

Vroue – Mans werk dadelik aan die oplossing en konsentreer op opsies vir probleem – hoe nou van hier af, wat nou verder, wanneer om wat te doen.Dis nogal ’n skok, as vriendin jou probleem vertel, en jy so trots is omdat jy binne 9 milli sekondes 5 oplossings uitdink, en daar gehuil word en oor foon geskree word, maar jy verstaan my nie? Stilte, my bloed dreineer van my mooie wangetjies...hoe de...Wag? Ek verstaan die probleem presies? Ek gee dan oplossings? Liewe hemel. Vroue....Ai tog....pok tog...wie kan met hul kommunikeer. Na 5 jaar besef jy, sy soek nie oplossings nie, sy het dalk beter en meer oplossings. Sy wil hê jy moet haar probleem verstaan en ja dit is erg, of nee dis nie so erg nie. Of meer vra vrae. Ek het baie bloed gespaar nadat ek dit besef het. En weereens almal is nie dieselfde. Dit werk net beter as wat ek gedink het.

Nou vir almal...gebruik dit, verkoop dit, lag dit af....jou keuse, maar dink daaroor, dan is my dag gemaak!

Thursday, January 25

Denke oordryf, mense wat self hul probleme invryf

As ek terug dink aan al die manewales wat ons aangevang het as kinders, kan ek stories vertel wat derduisende boeke sal vul, met klein skrif. Ek het hierdie geseënde jongmens lewe gehad. Vol drama en angs, met humor om elke draai. Soos Checkers, was daar lag tussendeur, net om die hoek.

Ek misbruik soms my humor. Maar ek kan nie anders nie. 1 voorbeeld wat ek nou spesifiek aan dink. Ons het by ’n vriend gesit en kuier. Was std 9 of nee, om eties korrek nou te wees, was graad 11. Gesit en drink en gesels en net, wel jonk wees. En vir een of ander rede, was Hendrik die grootte se koffie tafel glas blad, gerookte glas blad, gekraak. En niemand weet wat daar gebeur het nie. En in ons onskuld, ons het buite gesit en kuier. Niemand was in die huis nie. Hendrik die grootte se pa het opgedaag na lang dag by die werk, soos ons “eeu van tegnologie” dit betaam, en met swaai-ende arms en een groot bulderende opera stem geskree:”Hendraak....Hendraak, wat gaan hier aan...Hendraak?! Nou ek hoef seker nie vir julle te vertel hoe hard ons gelag het nie, of hoe vinnig ons moes hardloop nie. Maar ek kon nie myself keer nie. Toe hierdie ongelooflike groot oom, in sy diepste opera stem van ons ’n verduideliking verwittig, en die aarde skielik donker word soos die son verdwyn agter die reus, het iets in my net gebreek, lag en trane het gevloei soos ons liewe nyl revier.

En soos ons almal weet, lag is vreeslik aansteeklik, vir al in onvanpas situasies. So almal het opgeeindig met seer maag spiere en nat wange. Ons almal het die volgende dag gaan omverskoning vra, vir die disrespek en gebreekte blad. Maar dit was glad nie snaaks nie. Die oom se hande kan jou hele gesit toemaak, ek sidder om te dink wat dit aand jou sal doen as tug uitgedeel word. Daar staan ons in ’n ry. Maar Hendrik die grootte, het dit goed gedink om dit terug te hou dat die bediende skuld erken het, en die helfte van die blad betaal het, wat self ’n baie ongewone storie is. Ek skryf dit toe aan die oom se lengte en grootte. Wat dit intimideer jou. Fisies en geestelik. In elkgeval, daar staan ons parade soos sardientjies in ’n ry. En die oom sal wragtig ’n stokkie onder sy arm druk soos ’n weermag offisier van ouds. En op en af paradeer en ons met groot, swart oë aangluur. Blykbaar het die angs op ons mombakkies sy siel gedraai, want vinnig het die oom uitgebars van die lag en ons vertel van die skuld erkening. Snaaks dat net ek saam met die oom gelag het. Dis seker die gedagte dat jy mank en krom gaan uistap wat die ander se humor opdroog het. Dis onnodig om te vertel dat Hendrik die grootte ’n straf gekry het. En hy het sy 20 kilo’s verloor, en die res van die vriende se ouerhuis-grasperke was goed versorg vir 3 maande.

Ek lag soms in die verkeerde situasie. Maar ek kan dit nie voor help nie. Dis asof my brein humor vind vir moeilike situasies. En my self so beskerm teen die emotionele ontnugtering wat gaan volg. Soms word donker stories met ernstige, geestelike gemoed vertel of weerpieel, en ek kan nie help om iets snaaks uit te wys nie. Ek kan met trots sê dat niemand wat ek ken nog seer gemaak is daardeur nie, waarvan ek weet nie. Want ek klou aan die hoop dat my ongewone en soms erg ontydige humor hul help om hul lot te vergeet. Of beter te verwerk. Ek erken, soms kan ek myself te veel in ander inleef. En dis nie lekker nie. Ek voel glad nie soos die een wat vertel nie, en sal ook nooit nie maar ek voel soos ek sal voel indien dit ek was, m.a.w. ek trek hul skoene aan. Wel al wat ek kan sê is, humor is dan nodig....brood nodig. Vir die wat nog wonder, ek is terug in die land van melk en heuning. Maar ek wonder...dis vandag 42 grade, en die ongemaklikheids grade is 48. En dis volgens WeatherSA.co.za vir die wat ongelowig is. AMEN!

Thursday, January 4

Sewe soorte van daardie gemors

Hello my mede bloggers,lesers en land genote. Ja dit was al ‘n hele ruk terug en ek skryf nou eers weer. Ek kan nie help nie, ek is teen my wil na die Hel gestuur. Vir die wat te veel brein selle gedooi het in die feestyd en nie meer kan onthou nie, ek is PE toe gestuur waar ek rekenaars, sagteware en menslike kennis op datum bring. Dis nie so erg hier om te bly nie. Maar dis erg warm. Hoe warm, so warm dat ek nie my wel verdiende sigaret hoef op te steek met my vuur aansteker nie. Ek los hom so amper 2 minute in die son.
En die bogger vlam vanself. Pure genot!

Ek is al 3 dae hier. En dit voel asof ek nie meer kan leef nie, die verlange na my beterhelfte is tragies vir die siel. Maar dis nie nou iets om oor te skryf nie. Soos my wonderlike sus skree: “Happy thoughts…HAPPY THOUGHTS!” Ok ons hou dit positief. Ek bly in oulike plekkie sonder kakkerlakke en slange en slake. Wat groot bonus is. Want die ander gaste huis wat ook deur die trunk(my maatskappy) gebruik word, is vol van die ongewone klein diertjies. Wat laat ek foto neem…Ok dis sommer die foto vir die blog. Dis van die toilet geneem vir die wat gewonder het. En die vuurherd is net-net sienbaar. En waarom ‘n mens ‘n vuurherd in die Hel wil geruik sal net hulle weet wat hier bly. O ja die afstandbeheer vir die tv kan nie van ‘die troon’ af die program nommer verander nie. Sommer simple, maar ek werk met wat ek het. Die werk gaan goed, die enjins loop mooi. Ek kry so nou en dan kans om sewe soorte mens / dier afval uit hul te toets. Tot groot minagting van sekere top mense hier by Volkswagen. Maar ek is nie hier om NET te werk nie mense. Ek het vir paar mense probeer geskenkies reel, soos pette en sleutelhouers ens. Maar ek sal eerder die nagamaakte goed gaan koop. Pok weet hoekom die regte egte gemors so duur is. Dis nog steeds net ‘n hoed met bietjie naaldwerk op? Die ontbyt hier by die gaste huis is ongelooflik lekker. Eerste oggend my maag sommer dom geeët. My maag was lanklaas so kwaai vir my. Maar dis my verdiende loon, want ek wil mos nie pokken hoor nie. Die eerste aand was ook vol opwinding. Na 3 ure se anvontuurlustige rondkrap en val het ek die volgende ontdek:

1. Gordyne kan toe, sodat die maan se lug nie my verblind en pokken wakker hou nie.
2. Die bessies in die tuin is nie vir eet doeleindes nie.
3. Die mense by die buurt se Moslem kerk sing nogal baie mooi.
4. Dis warm.
5. Die stort werk baie lekker.
6. Dis warm.
7. En die buurt is rustiger as vorige keure vir een of ander rede.
8. O ja en dis pokken WARM.

Ok ek moet seker nou weer gaan. So bietjie rus voor ek aand-ete gaan aanpak. Ek sal seker meer te skryf hê as ek terug is by werk. Wat eers oor 3 weke gaan wees. Ek kom darem terug die 12de Januarie, net voor ‘n goeie vriend se 30 ste verjaarsdag. En dis ‘n heel naweek partytjie. Laat Donsie en Me julle vertel. Dit gaan lekker wees. Hoop Vee kan dit maak. Sal hom graag wil ontmoet. Nou ja, aan al die mense, hoop jul feestyd was belowend, en sterkte met die nuwe jaar. Myne gaan groot en mooi wees, alhoewel hy baie swak begin, het ek my beterhelfte aan my sy. En sy is bang vir niks op aarde nie. Mis jou!