Friday, January 26

Vuur en vlam, ver…ver van die dam

Dit is ongelooflik hoe baie die haar kleur in vandag se tyd ’n rol speel op die persoonlikheid van die mens. My 1 teorie is dat dit grootliks die mense om die persoon is, wat groei. En nee nie net die ouers nie. En ek bedoel ook geensins dat dit ’n negatiewe invloed is nie. Maar hoe kan haar kleur iemand kwaai, dom of beter as ander maak?

Ek kan geen DNA bewyse daarvoor kry nie, en ek het my vingers al stomp en bloederig ge”google” na enige antwoorde. Plus ek het met my eige oog gewaar hoe iemand se persoonlikheid bietjie verander as gevolg van die hare wat ander kleur is. Rooi = gewaar, blond = dom, bruin = tussen blond en rooi en jaloers op eers genoemde. Maar wat betekn dit? Een of ander aap met dik bril en wit jas, het by huis opgedaag nadat hy saam sy dik bril vriende gaan drink het, en sy vrou het hom lip, tong en koekroller gegee, nie omdat haar hare ’n kleur is nie, maar omdat dit natuurlik is vir 1 persoon om bekommerd te wees en seergemaak te wees. En wragtig, toe die pankop met skewe bril sy babbelas behandel by die werk, het hy rooi en kwaai in ’n formule gesit en vir die ander, wat nog dronk is, oorreed dat hy met alkoholiese insig die antwoord van natuur gekry het. En hulle het hom geglo. Want wie stry met ’n brein wat pyn, oë wat nie kan kyk nie en ’n tong wat vasplak teen als innie mond omdat die 7 jaar droogte aangebreek het. Ek het in my lewe baie vroue aspris kwaad gemaak. En ja meeste van hulle het rooi hare. Maar dis omdat hulle kwaad gevoelens opkrop. En as daar 1 onderwerp is wat ek goed verstaan:Vroue(enige) moet nie gevoelens opkrop nie. Dis baie sleg vir hul emosies en hul geliefdes. Want as die bom bars...So ek sou tipies die vriendin irreteer totdat op my geskree, en sommige, my geslaan word. En die verandering daarna is ongelooflik. Hulle is vriendeliker as toe jy hul ontmoet het! Hoekom doen ek dit?

Want as ek 1 dom man kan red van homself, is dit ’n goeie week. Min mans doen moeite. En die lys van klein goedjies wat hul kan doen is groot. Te groot om te noem. Maar 90% van vroue is tevrede met min. Rêrig min, so jy kan dit nie eers moeite noem nie. En die man/verloofde/ou wat nie moeite doen nie, gaan les opsê. Maar hul besef dit nie. Ek weet ook nie als nie. Ek dink net my voet se groot toon, is in die deur wat verstaan betref. Plus ek is iemand wat dit kan hanteer dat vrou uitbars teenoor my. Want ek vat dit nooit persoonlik nie. Want dis nie ek nie. Dis ’n situasie wat haar omkrap. Ok vroue moet ook leer om meer hul beter helfte te vertrou en beter oor te dra. Ek lag my dood vir mans wat sê vroue verwag hul moet ruik – sy verwag ’n oor wat LUISTER en PROBEER VERSTAAN. En dan is my ander maag oefening vir vroue wat sê hy verstaan my nie – het jy dit DUIDELIK gemaak wat pla, tot op die punt? Mans sal verbaas wees hoe sommige vroulike logika meer sin maak, as jy net luister. En vrouens sal verbaas wees hoe goed ’n man kan luister, as die punt duidelik is. Nou hier is 1 van die grootste geheime wat EK geleer het.

Mans – Vroue werk met die probleem op hande en konsentreer op die probleem – hoekom het dit gebeur, waarom het dit gebeur, wanneer het dit begin.

Vroue – Mans werk dadelik aan die oplossing en konsentreer op opsies vir probleem – hoe nou van hier af, wat nou verder, wanneer om wat te doen.

Vroue – Mans werk dadelik aan die oplossing en konsentreer op opsies vir probleem – hoe nou van hier af, wat nou verder, wanneer om wat te doen.Dis nogal ’n skok, as vriendin jou probleem vertel, en jy so trots is omdat jy binne 9 milli sekondes 5 oplossings uitdink, en daar gehuil word en oor foon geskree word, maar jy verstaan my nie? Stilte, my bloed dreineer van my mooie wangetjies...hoe de...Wag? Ek verstaan die probleem presies? Ek gee dan oplossings? Liewe hemel. Vroue....Ai tog....pok tog...wie kan met hul kommunikeer. Na 5 jaar besef jy, sy soek nie oplossings nie, sy het dalk beter en meer oplossings. Sy wil hê jy moet haar probleem verstaan en ja dit is erg, of nee dis nie so erg nie. Of meer vra vrae. Ek het baie bloed gespaar nadat ek dit besef het. En weereens almal is nie dieselfde. Dit werk net beter as wat ek gedink het.

Nou vir almal...gebruik dit, verkoop dit, lag dit af....jou keuse, maar dink daaroor, dan is my dag gemaak!

7 comments:

Donsie said...

Marra! Ek kon dit nie beter gestel het nie. Ek wil net byvoeg dat ek nie nodig het om n mens se haarkleur te sien voor ek besef hy/sy is onnosel nie.
Maar dit daargelaat.
Ek wil darem vir die mans ook opkom hier. Soms luister die vrouens nie na die man se probleem nie. Kommunikasie! Dis al...

Drizel said...

ja donsiekie kommunikasie......maar rooi hare chickies is baie baie kwaaier dis die VUUR......jy weet dit jy wil dit net nie aannvaar nie;)....en ja uitdrukking op dom gesig spreek boekdele....hihihih

Anonymous said...

Ditsem Dons, bly om dit te hoor. Jy is presies reg oor vrouens wat ook nie luister nie. Onthou ek opinie-eer as 'n lesbeen, so ek probeer 50/50 skryf, maar soms raak ek eensydig.

Ek verklaar dit darem soveel ek kan.
;-) Dankie vir jou kommentaar!

Anonymous said...

Hahahaha...etain, meeste dom uitdrukkings gebeur na die punt van geen terugkeer...hahahahahahahahaha

Marisa said...

Hi - jou blog het my vir die 1ste keer getref vdag - goeie werk! ek stem heelhartig saam daarmee. mans en vroue moet net bietjie begrip toon vir die feit dat die 2 geslagte wel anders is, en dan sal dinge sommer BAIE makliker verloop...

Anonymous said...

Beslis, almal wil almal se persoonlikheid of opvoeding afdruk...dit werk nie...

Nosjunkie said...

hey julle wat noem mens dees dae 'n bottel blond?

'n Airoplane blond
want sy't 'n black box