Tuesday, April 17

Die dag van reuk en treur…

Ook maar goed ek het nie ‘n foto geneem nie. Maar ek het besluit om die engel van dood se werk te respekteer. En alhoewel dit beslis nie ‘n mens is nie, ewenaar my liefde vir diere amper die mensdom sin. Ek weet nie hoe ek moet voel nie. Dis nie my hond nie. Maar ek voel jammer dat so prag dier deur die honde engele kom haal is.

Ore en sy broer het nog nooit oor die weg gekom nie. Mar snaaks genoeg, hy was altyd die byter en Kaburu(boertjie in Swahili) die liefde diertjie. Ek weet nie wie het wie af geknou en hoekom nie. Dalk 1 van die ander honde wat Ore gebyt het. Sy wang was opgeswel vrydag, en ek het hom nog gespot en gesê hy lyk soos Mike Tyson met sy opgeswelde gesig. Saterdag het ek hom nog in die son sien lê, seker om sy koors gevulde lyf bietjie warm te maak. Sondag het ‘n gat ingeval in sy wang…en daar was ‘n nuwe tand gaaitjie net onder sy oog, en ‘n mengsel van bloed en sig het daaruit gestroom. Ek het probeer met anti-septiese salf en panado’s, wat ek in ‘n kaas worsie weg gesteek het.

Ek moes beter opgelet het, ek onthou nou hoe Ore sondag nie eers oog geknip het, as ek die wond behandel het nie. Dit was vreemd maar hy was nog seer…nog wakker…Ek het my hande “onder sy arm gedruk” om te voel vir koors, maar hy was nie buitensporig warm nie. Ek het elke 2 ure seker gemaak dat hy vars water kry. Ore het 2 keer sy seer geswelde kop teen my kom druk nadat hy sy dors geles het, so…so asof hy kom dankie sê, of dalk kom totsiens sê. Ek weet nie, maandag is ek oppad werk toem het hom gevryf en ek moes hom na sy waterbak dra. Hy kom nie self staan nie. Net daar het ‘n stem vir my gesê hy gaan dit nie maak nie. Hoekom het ek nie geluister nie, ek het dit al voorheen gesien…

Maandag middag, terug by huis, roep ek vir Ore, hy reageer nie, ek kan nie beskryf wat ek gesien het nie, maar ek het dadelik die engel van dood se reuk gekry, en die groen liefde en respek wat besig was om te ontkiem in my vir die diere, het my oorweldig. Hy was bietjie stuif, maar het nog liggaamlike hitte gehad, ek het hom net gemis(hoekom het ek 40 minute later gery by werk?). Dit was die swaarste handeling, om die pik en graaf te gaan haal. En die kruiwa…Ek kan nie eers onthou dat ek my werks klere uit getrek het nie. Ek wou ook Kaburu en Tiger toemaak, hulle wou niks weet nie. Hulle het net langs die kruiwa geloop, koppe wat hang. Ek het Ore se graf uitgemerk, my tyd gevat, ek wou nie haastig wees nie, hom die laaste son sak gee, al kon sy fisiese oë nie meer sien nie. Ek het die vliee eiers uit sy oë en mond gehaal, ek weet dit was ter vergeefs, maar ek gaan hom nie so neerlê nie. Die grond was so blerrie hard, ek het gekap en gegraaf, water gedrink, gekap, gekap, gegraaf…Die opsigter, Patrick, het my later kom help. Niemand het woord gesê nie. Die son het gesak, ek het flits gaan haal, en my beter helfte gesms. Ek is lief vir jou en DANKIE! Ek het Patrick gevra om Ore so te lê dat as hy sou regop kom, hy vir die ooste kyk, net moordenaars en diewe word begrawe na die weste toe. Ore MOET vir die son kyk! Snaaks dat ek en Patrick eers net kon staan en kyk, elkeen met sy eie gedagtes. En saam het ons gesê nou ja, gooi toe…Soos Patrick se geloof is, het ek ‘n groot rots op Ore gesit, sodat hy nie kan opstaan nie. Ons het terug geloop en die stoep skoon gemaak. Of eerder Patrick het, ek kon nie meer nie. My lyf was te seer, ek het lank laas pik geswaai, en dis die eerste graf wat ek grou in my lewe.

Ek weet dis net ‘n hond, maar dis jammer. Ek is jammer dat ek jou nie veearts toe gevat het nie, ek is jammer dat ek laaste met jou geraas het vir die afknou van jou broer. En ek voel bly ek kon jou ken. En ek weet dat jy in beter plek is, sonder pyn en lyding. En dankie vir al jou moeilikheid en kanse wat jy gevat het. Rus in vrede jou pragtige hond!

Friday, April 13

Terug en lewendig…


Pokket…wat ‘n paar maande…Wie sou kon droom dat ek in eerste 3 maande soveel vernadering sou sien. Dit maak my bang as ek terug dink daaraan. Kyk mense…my broek bewe. Gelukkig het ek 'n pilaar wat buig...maar nie knak nie. En nee ek verwys nie na my anatomie nie, ek verwys na die skadewee agter elke ordentlike, opgevoede, suksesvolle man. Die beter helfte. My beter helfte!!

Ek was bietjie minder as ‘n maand weg van haar. En daar is paar mense wat sal sê hou op teem, soos my wonderlike broer…en nee hy is wonderlik. Maar hy verlaat sy huis op gemiddeld elke 3 maande, vir 4 tot 6 weke amper…Ek glo nie vir 1 oomblik dat hy en sy verloofde gewoond is aan die tyd weg van mekaar nie.

Maar dit het nie meer so groot impak op hul lewens nie. My eerste maand wg van my klein wonderwerkie was baie naby aan HELL. Ok ek het geen idée hoe dit in HELL is nie. Maar ons almal weet dis ‘n plek waar mens nie wil eindig nie. Pok, dis soos Messina…ek sal in winter gaan kuier, maar die somer sien my nie daar nie!! Dis soos Pongola, waar hoender mense hul hoender hokke moet afspuit met water, anders bak die arme pluimee gaar. Pokken siek…

Ok, die nuwe werk…Dis vinnig, dis klomp en klomp…en dis pokken lekker. Ek het baie te sê oor my vorige maatskappy se probleme, maar dit maak hul nie ‘n slegte maatskappy nie. Maar o wee, ek is baie bly ek het die groter prentjie kom opsoek. Al is dit nou in Gauteng. Ek spring weer in die oggende op met moerse lawaai en sing in stort dat die 3 pit bull honde saam my raas. Ek dink nie hul hou van my stem nie. Maar ek bly op plot, so woe gee om. Nie hierdie “wil wees” skrywer nie. Ek is seker my maanskyn en rose gaan een of ander tyd in olie en papawer verander hier en daar. Soos reeds genome, het ek ‘n pragtige, sterk, slim pilaar wat my regop hou en inspireer. Ek sou sonder haar, seker nie 80% van die laaste tyd gemaak het nie. Dankie my rede om te lewe.

Nou ja, ek gaan afsluit met niks…want ek het nie rêrig iets om oor aft e sluit nie. Ek mis nie die Kaap soos ek moet nie. Ek mis die mense. Maar dit kan op gereelde basis met 2 uur vlugte uitgesorteer word. So hallo almal. Ek is Marra. En dis sover...klem op sover…BAIE lekker in Gauteng!!!!