Monday, March 12

Hoe nou waar nou?

Wat sommige gehoor het is waar ja, behalwe ek neem nie verantwoordelikheid vir die koek wat weg geraak het nie. Ja nee so gaan die soldate...My rede om te lewe, Paula Zietsman, het 4 maande werk gesoek innie Kaap. En 2 poste gekry vir R2500 en R2800 per maand. Vir 'n gradeerde, is dit 'n goliat klap in die gesig van eer-gister tot oor-more! En na vele soektogte het iemand haar ongelooflike talent raak gesien en 'n pos aangebied in JHB wat ons nie kon weier nie. Laat ek dit so stel, die Kaap, so mooi as wat hy is, kan sy salarisse druk waar die son nie skyn nie. Ons sal terugkom, maar gaan eers vir nou.

So toe sĂȘ ek maar vir die liefde van my lewe, pak jou tassies en tee sakkies. Want ek wil ook verandering maak en gulde geleentheid om persoonlike en finansiele waardering op te doen, in die grotte Gauteng. En dis die verhaal. Baie goeie pos gekry by baie groot en sterk IT maatskappy. Baie goeie groei voordele en natuurlik is die finansies buitensporig beter.

As ek hard werk kan ek binnekort lei en laat lei. En ek weet ek kan dit doen. Ek het ook vryheid oor wat ek wil gebruik ens. Solank die deadlines bereik word, gee niemand daar om hoe en waar nie. Het in 1 week, 13 interviews gekry, en teen dinsdag verlede week het ek 4 aanbiedings gehad. Ek het my malle agterent af gery maar dis deel van werk soek. Plus ek en Paula het in JHB groot geword. So dis glad nie vreemd nie. :-) So ek het by CAE, vir die wat nog nie seker is nie, bedank en trek sak en pak Gauteng toe.

Groete!