Wednesday, February 14

Ons vir jou…in al ons glorie

Nou ja, hier sit ek en tob oor my gedagtes. Wat om oor te skryf. My vriende, my lewe, my daaglikse gebeure. Eintlik wil ek net goed aframmel soveel ek kan vir ‘n bladsy. Ek toets my nuwe Afrikaanse spel toetser. En ek moet dit duidelik stel, die voorstelle van die blik brein is nogal eroties. Dis kinder geluk om in my eie taal soveel opsies te sien. Aangesien ek so ge-engels is deur my werk en kollegas.
Vandag is Valentyn dag. En gelukkige Valentyn dag vir ieder en elk wat hier lees. Ek het in 27 jaar nog nooit iets spesiaal vir iemand gedoen nie. Dit klink so jammerlik, maar ek het nog nooit die nut gehad om geld te spandeer of liefde uit te deel nie. Hoekom 27 jaar en nie 28 jaar nie? Wel ek het verlede jaar vir ‘n meisie bos rose, KLEIN beertjie en tjoklits gestuur na haar werk. Dit was die eerste keer. En ek het nie eers die dag saam haar spandeer nie. Hierdie jaar het ek die dame van my hart, in my 29ste somer van my lewe. Ek kan nie wag dat hierdie bedrukte dag sy son omgang moet uitvoer nie. Want die Vader weet die vaal en leë atlantis, waar ek my geld verdien dag tot dag, het hierdie ongelooflike gawe om mens se hart tot in jou diepte binne kamer van jou skoen te laat sak. Daar waar die son nie sy lewe-gee strale kan laat skyn nie. En vir een of ander rede voel ek nostalgies. Ek is nie hartseer of ongelukkig nie. Maar ek mis my rede om te lewe. Ek mis haar lag, mis haar stem, en haar frons. J En haar konsentrasie kyk, wat so humoristies is, te oulik!

Maar voor ek onnodig hammer met koek roller aan suur deeg, Dis nou 9:35AM en dan gaan dit 12PM wees en dan 4PM en dan is ek vry, en met die spoed van lig waar ek moet en wil wees. Ek sien die dames van my wonderlike maatskappy het besluit om wit of rooi aan te trek vir vandag. En sommige dink mos die son het ontstaan in ‘n sekere deel van hul anatomie. Ek moes my sonbrille gebring het. Pok dis die Duitse student se laste werksdag vandag. En hy het koek gebring vir die nasie. Sal dit nie hard-op sê nie, maar die een vanilla koek se neute is vreeslik oud en die room is so suur soos ‘n koeie wat nie uitlating aan haar melk eier kon gee nie. Maar ek kla nie, rêrig nie. Wonder net of ek die mense moet waarsku, maar hy het soveel moeite gedoen. Pok dit, laat hul oor groot happe vat en verstik aan die rou. Sies dis lelik…ek wil huis toe gaan. Gaan reg maak. En my tyd by iets en iemand BAIE beter spandeer. Wel ek moet seker weer maak of ek werk. Tyd is geld; en geld is blykbaar brood nodig in vandag se pienk, blou en swart wêreld.

Ek het nou deurgelees, dit gaan die verkeerde indruk skep, maar glo vir my. Dis ‘n pragtige dag, die toekoms is so mooi roos kleur, en ek is gelukkig soos ‘n vark in Palestina. Gelukkige “V” dag en soet wees en geniet.

P.S. Wat 'n mooi hond...

Wednesday, February 7

Huil vir verkeerde, duim gesuigde redes


Hulle het deur die donker nagtelike ure by ons maatskappy ingebreek. Een van ons duitse studente, het deel geword van ons misdaad statistiek. En hy is glad nie so opgewonde soos ons nie. Sy skoot rekenaar is gesteel. En soos die reëls van tegnologie dit beaam, is sy skoot rekenaar nog nie hier te koop nie. 2 Skoot rekenaars is gesteel. Al die laaie van, tel...28, tafels is oopgeruk...kaste, kabinette...vir watter rede ook. Miskien het hul rook papier gesoek vir hul onwettige rook tabak of poeier. Vader alleen sal weet. Daar is ander komponente weg maar dis ingenieur goete en gaan nie my help om dit vir julle in volle beskrywings te vertel nie.

En hoe voel ek? Wel ek voel vuil, misbruik en baie kwaad...want hulle het die skoot rekenaar wat die werk vir my gegee het gelos. Tot by die venster gedra waar hulle ingeklim het. Maar net daar laat staan. Is my skoot rekenaar nie goed genoeg nie? Ek kan nie help daar word vir my die afval en oorskot uigedeel nie. Ek kon nuwe skoot rekenaar aangevra het. Vinniger, beter en mooier. Maar ek is bly vir maatskappy dis gelos. Want daar is baie belangrike data op van Volkswagen. En dan natuurlik die gelde betrokke vir nuwes ens...want dit sou seker groot duik gemaak het in ons bonus gelde wat ons nog in 5 jaar nie gekry het nie. ;-) Ek het in my 2 jaar by my maatskappy, ‘n 38% verhoging gekry. En daar is die maatskappy amper bankrot. Nee dis grap...te veel te vinnig mense aangestel of wat ookal. Stel nie belang om te weet nie. Almal is nou in rep en roer. Want hier in Kaklantis is dit voorblad nuus, die inbraak. Dis eintlik baie jammer dat mens moet vergaan van werk, en dat ’n inbraak weer die gons terug bring van ons byekorf. O ek jok...hier is ander gons gewees...nuwe dame is aangestel vir bemarking. Sy het vir “Discovery” gewerk. En sy lyk so oud. Haar oë is terug gesink en lyk nie baie wakker nie. Ek kan verstaan dat haar vorige werk dalk vol stres was. Maar sy is 1 jaar jonger as ek? Maar my punt is, die ingenieurs was almal in rep en roer. Is sy mooi vir my? Glad nie. Is sy lelik? Ek sal dit nie sê nie. Maar hul almal het weer bedaar. Ek meet ’n dame by ons se gewildheid aan die periode wat sy oor gepraat word. En sy is darem nie onder aan die lys nie. As 10 beste is, lê sy 4de. Sal nie durf uitbrei nie. O en ek sal nooit ingenieurs se opinies vat as wet nie. Dit sal glad nie slim van my wees nie. Maar genoeg van wenners en verloorders...

Ek wil vandag dankie sê vir my mede bloggers...Etain, Donsie, Lee, Phil en Grem...julle rock! Julle blogs rock! As enige individue hier lees en nie die ander ken nie, kyk na die aanwys lys op die regterkant van my blog. Maar net as jul tyd het. Hulle is snaaks, donker, ordentlik, frustreerd, maar groot resultaat is baie opwindend. J Ek kry glad nie genoeg tyd om die aandag wat jul blogs verdien, te gee nie. Maar eendag as ek groot is...dis my digitale belofte. En hou aan om ons te vermaak en te leer van julself. Daar is meer maar dis my groepie wat ek so veel moontlik besoek. Ok ek moet seker terug klim in my werk. Ek sien sommige van julle gouer as later, sal oor redes blog, en die ander sien ek julle op die Net Van Vele...Oor en uit...

Friday, February 2

Tjoklits…die landelike oesters…

Mens moes dit al gehoor het. Hoe verlaaf mense en vrouens aas tjoklits kan wees. En almal het hul opinie. En ek het myne, met deursigtige humor ek hoop en vertrou. Ek weier om die gek-skiedenis van tjoklits te gaan opsoek en oortik. Maar ek het vrae oor wie dit per ongeluk begin het. Want as dit rêrig so lekker is, dan moet dit per ongeluk gebeur het. Tjoklits is goed vir baie dinge...

Voorbeeld1: Ma slaan die kinders en beskree die arme troetel diere. Pa loop deur met ou koeie wat nie eers meer vleisies aan gebeendere het nie...tel op jou vuil wasgoed, was jou skottelgoed en gee ma ’n tjoklit!

Voorbeeld2: Meisie neem wraak omdat jy dit durf waag het om toilet toe te gaan sonder dat sy weet. die naels kom uit en dis nie vir plesier nie. Na 30 minute se afweer van kat-tipe aanvalle, masseer haar voete, masseer haar rug, vertel haar hoe mooi sy is en gee haar ’n tjoklit.

Voorbeeld3: Man is depresief.Hy is oud en lelik en nie 1 jong dame wil meer vir hom kyk nie. Hy wil ’n Ferrari koop vir 1 of ander rede en sy onderdele, nie kar sinne nie, kan nie stil wees nie. Vertel hom hy is ’n kind, gee vir hom ’n koue bier en ’n tjoklit.

Ek kan nog 100 opnoem, maar ek moet oordra hoe belangrik tjoklits is. Al is jy op 6 de dieet van Januarie af. ’n Vrou wat haar sout werd is, het tjoklits nodig. Dis so in die boek van lewe en dood aangeteken. Ek betwyfel glad nie die Boek van die Here nie. Maar ek dink die enigste rede hoekom EVA ’n appel gekry het vir die sonde-val, was omdat Adam nie so gretig sou wees met tjoklits nie. Ek geniet tjoklits na harde dag. Maar onthou, Adam het nog nie gewerk nie. Hy en sy wonderlike vrou het met hul Oakleys rondegeloop en na die diere gekyk. En hier en daar in stroompie baljaar. Ek het ook met groot bekommernis gesien hoe ’n vrou ’n vroulike weergawe raak van “Hulk”, net omdat sy haarself weerhou het van tjoklits. Ok sy was net rooi, nie groen nie. En my wit Uno motor het dit net-net gemaak winkel toe en terug met groot blokke tjoklits en neute. Ek was die redder van die groep. Maar ek wou net onnodige bloed vloei stop. Plus haar kleure het begin skeur is dis strafbaar om in jou onderklere, die wat hou, te loop op straat. Dis nou snaaks...hoekoem skeur “Hulk” se klere, maar sy broek bly heel? Hy groei nie in porporsie nie. Wat ’n simpel groen uitwerpsel van ‘n monster.

Terug na tjoklits....As ek moet kies, sal ek eerder vrylik tjoklits uitdeel. Want 1, vroulike “Hulk” form is nie baie mooi nie. Punt 2, dit veroorsaak net soveel onnodige stres en kwaad gevoelens en Punt 3, daar is beter dinge om oor te gesels en te doen as om oor een of ander ding buite menslike beheer te baklei.

Ek het tjoklits gebruik as voorbeeld, maar almal is anders, dank die Vader! Ek weet van mense wat droë wors verslaafdes is, tjips...en dan nie eers van drank ensovoorts te praat nie. Nee wat, eet jou tjoklit, of wat ookal jou hare terug blaas. Suig, drink en lek lustig totdat jou verhemelte
afdop, maar hou matigheid voor oë. Te veel van enige goeie ding, is sleg vir jou...
Murphy se 8ste wet.