Wednesday, February 14

Ons vir jou…in al ons glorie

Nou ja, hier sit ek en tob oor my gedagtes. Wat om oor te skryf. My vriende, my lewe, my daaglikse gebeure. Eintlik wil ek net goed aframmel soveel ek kan vir ‘n bladsy. Ek toets my nuwe Afrikaanse spel toetser. En ek moet dit duidelik stel, die voorstelle van die blik brein is nogal eroties. Dis kinder geluk om in my eie taal soveel opsies te sien. Aangesien ek so ge-engels is deur my werk en kollegas.
Vandag is Valentyn dag. En gelukkige Valentyn dag vir ieder en elk wat hier lees. Ek het in 27 jaar nog nooit iets spesiaal vir iemand gedoen nie. Dit klink so jammerlik, maar ek het nog nooit die nut gehad om geld te spandeer of liefde uit te deel nie. Hoekom 27 jaar en nie 28 jaar nie? Wel ek het verlede jaar vir ‘n meisie bos rose, KLEIN beertjie en tjoklits gestuur na haar werk. Dit was die eerste keer. En ek het nie eers die dag saam haar spandeer nie. Hierdie jaar het ek die dame van my hart, in my 29ste somer van my lewe. Ek kan nie wag dat hierdie bedrukte dag sy son omgang moet uitvoer nie. Want die Vader weet die vaal en leë atlantis, waar ek my geld verdien dag tot dag, het hierdie ongelooflike gawe om mens se hart tot in jou diepte binne kamer van jou skoen te laat sak. Daar waar die son nie sy lewe-gee strale kan laat skyn nie. En vir een of ander rede voel ek nostalgies. Ek is nie hartseer of ongelukkig nie. Maar ek mis my rede om te lewe. Ek mis haar lag, mis haar stem, en haar frons. J En haar konsentrasie kyk, wat so humoristies is, te oulik!

Maar voor ek onnodig hammer met koek roller aan suur deeg, Dis nou 9:35AM en dan gaan dit 12PM wees en dan 4PM en dan is ek vry, en met die spoed van lig waar ek moet en wil wees. Ek sien die dames van my wonderlike maatskappy het besluit om wit of rooi aan te trek vir vandag. En sommige dink mos die son het ontstaan in ‘n sekere deel van hul anatomie. Ek moes my sonbrille gebring het. Pok dis die Duitse student se laste werksdag vandag. En hy het koek gebring vir die nasie. Sal dit nie hard-op sê nie, maar die een vanilla koek se neute is vreeslik oud en die room is so suur soos ‘n koeie wat nie uitlating aan haar melk eier kon gee nie. Maar ek kla nie, rêrig nie. Wonder net of ek die mense moet waarsku, maar hy het soveel moeite gedoen. Pok dit, laat hul oor groot happe vat en verstik aan die rou. Sies dis lelik…ek wil huis toe gaan. Gaan reg maak. En my tyd by iets en iemand BAIE beter spandeer. Wel ek moet seker weer maak of ek werk. Tyd is geld; en geld is blykbaar brood nodig in vandag se pienk, blou en swart wêreld.

Ek het nou deurgelees, dit gaan die verkeerde indruk skep, maar glo vir my. Dis ‘n pragtige dag, die toekoms is so mooi roos kleur, en ek is gelukkig soos ‘n vark in Palestina. Gelukkige “V” dag en soet wees en geniet.

P.S. Wat 'n mooi hond...

3 comments:

Donsie said...

EK MOERSE MOERSE BLY!!!!

Drizel said...

kwaai boetie, geniet die aand saam jou ander helfte...die hond is verby mooi!

Nosjunkie said...

coooool
hey ek het ook so 'n spell checker nodig myne is anti afrikaans