Friday, February 2

Tjoklits…die landelike oesters…

Mens moes dit al gehoor het. Hoe verlaaf mense en vrouens aas tjoklits kan wees. En almal het hul opinie. En ek het myne, met deursigtige humor ek hoop en vertrou. Ek weier om die gek-skiedenis van tjoklits te gaan opsoek en oortik. Maar ek het vrae oor wie dit per ongeluk begin het. Want as dit rêrig so lekker is, dan moet dit per ongeluk gebeur het. Tjoklits is goed vir baie dinge...

Voorbeeld1: Ma slaan die kinders en beskree die arme troetel diere. Pa loop deur met ou koeie wat nie eers meer vleisies aan gebeendere het nie...tel op jou vuil wasgoed, was jou skottelgoed en gee ma ’n tjoklit!

Voorbeeld2: Meisie neem wraak omdat jy dit durf waag het om toilet toe te gaan sonder dat sy weet. die naels kom uit en dis nie vir plesier nie. Na 30 minute se afweer van kat-tipe aanvalle, masseer haar voete, masseer haar rug, vertel haar hoe mooi sy is en gee haar ’n tjoklit.

Voorbeeld3: Man is depresief.Hy is oud en lelik en nie 1 jong dame wil meer vir hom kyk nie. Hy wil ’n Ferrari koop vir 1 of ander rede en sy onderdele, nie kar sinne nie, kan nie stil wees nie. Vertel hom hy is ’n kind, gee vir hom ’n koue bier en ’n tjoklit.

Ek kan nog 100 opnoem, maar ek moet oordra hoe belangrik tjoklits is. Al is jy op 6 de dieet van Januarie af. ’n Vrou wat haar sout werd is, het tjoklits nodig. Dis so in die boek van lewe en dood aangeteken. Ek betwyfel glad nie die Boek van die Here nie. Maar ek dink die enigste rede hoekom EVA ’n appel gekry het vir die sonde-val, was omdat Adam nie so gretig sou wees met tjoklits nie. Ek geniet tjoklits na harde dag. Maar onthou, Adam het nog nie gewerk nie. Hy en sy wonderlike vrou het met hul Oakleys rondegeloop en na die diere gekyk. En hier en daar in stroompie baljaar. Ek het ook met groot bekommernis gesien hoe ’n vrou ’n vroulike weergawe raak van “Hulk”, net omdat sy haarself weerhou het van tjoklits. Ok sy was net rooi, nie groen nie. En my wit Uno motor het dit net-net gemaak winkel toe en terug met groot blokke tjoklits en neute. Ek was die redder van die groep. Maar ek wou net onnodige bloed vloei stop. Plus haar kleure het begin skeur is dis strafbaar om in jou onderklere, die wat hou, te loop op straat. Dis nou snaaks...hoekoem skeur “Hulk” se klere, maar sy broek bly heel? Hy groei nie in porporsie nie. Wat ’n simpel groen uitwerpsel van ‘n monster.

Terug na tjoklits....As ek moet kies, sal ek eerder vrylik tjoklits uitdeel. Want 1, vroulike “Hulk” form is nie baie mooi nie. Punt 2, dit veroorsaak net soveel onnodige stres en kwaad gevoelens en Punt 3, daar is beter dinge om oor te gesels en te doen as om oor een of ander ding buite menslike beheer te baklei.

Ek het tjoklits gebruik as voorbeeld, maar almal is anders, dank die Vader! Ek weet van mense wat droë wors verslaafdes is, tjips...en dan nie eers van drank ensovoorts te praat nie. Nee wat, eet jou tjoklit, of wat ookal jou hare terug blaas. Suig, drink en lek lustig totdat jou verhemelte
afdop, maar hou matigheid voor oë. Te veel van enige goeie ding, is sleg vir jou...
Murphy se 8ste wet.

8 comments:

Donsie said...

Ja Marra ek stem 100% saam met jou. Iewers moet n mens n uitlaat pyp he. Of dit nou Tjoklits is of droe wors ;-) Solank jy net nie jouself vergryp nie...
Vandag se mans koop nie meer tjoklits vir hul girls nie. OUENS kom by toe. Al maak dit vet en al sit ons n scene op - trust my ons geniet elke oomblik van daai in die privaatheid van ons kamer :-)

Anonymous said...

Sjoe, ek is bekommerd oor die "alleen in donker kamer..." Maar ek gaan niks sê nie. Solank julle "dit" geniet, het dit niks anders met uit te waai nie. Dankie ja, vandag se mans....ek weet nie meer nie. En ek is nie verhewe nie...

Ek probeer soms so hard om beter te wees maar ek fail ongelooflik groot.

Donsie said...

Marra ek het nooit gese die kamer is donker nie, dit is nie nodig vir n man om te sien hoe n vrou haar self verlustig in tjoklits nie!..

Drizel said...

whahahaha...ai boetie, jou brein is tjoklits.
Maar dis waar tjoklits is baie belangrik ons kan wereld vrede met dit aanmoedig!
Ek se ook man moet chicks chokkies gee, al kom dit in bodypaint form...we will use it for the better of mankind!!!;)

Nosjunkie said...

Ek hou nie van tjoklits nie, my soet tand het stap gevat en ek find ook glad nie blomme romanties nie.
so die dag wat ek die duiwel in raak is dit nou ma net verby met ou stiffla
hy grap mos altyd dat hy die blomme los en my liewer veras met 'n rangskiking pistons.....

Nosjunkie said...

Ek hou nie van tjoklits nie, my soet tand het stap gevat en ek find ook glad nie blomme romanties nie.
so die dag wat ek die duiwel in raak is dit nou ma net verby met ou stiffla
hy grap mos altyd dat hy die blomme los en my liewer veras met 'n rangskiking pistons.....

Anonymous said...

HAHAHAHAHAHAHA, jeepers lee, is jy 'n "material girl"? ;-)

Nosjunkie said...

Jy kan so se ja.
dis mooier om te se materialisties as "emotionally detached"
hahahaha