Wednesday, February 7

Huil vir verkeerde, duim gesuigde redes


Hulle het deur die donker nagtelike ure by ons maatskappy ingebreek. Een van ons duitse studente, het deel geword van ons misdaad statistiek. En hy is glad nie so opgewonde soos ons nie. Sy skoot rekenaar is gesteel. En soos die reëls van tegnologie dit beaam, is sy skoot rekenaar nog nie hier te koop nie. 2 Skoot rekenaars is gesteel. Al die laaie van, tel...28, tafels is oopgeruk...kaste, kabinette...vir watter rede ook. Miskien het hul rook papier gesoek vir hul onwettige rook tabak of poeier. Vader alleen sal weet. Daar is ander komponente weg maar dis ingenieur goete en gaan nie my help om dit vir julle in volle beskrywings te vertel nie.

En hoe voel ek? Wel ek voel vuil, misbruik en baie kwaad...want hulle het die skoot rekenaar wat die werk vir my gegee het gelos. Tot by die venster gedra waar hulle ingeklim het. Maar net daar laat staan. Is my skoot rekenaar nie goed genoeg nie? Ek kan nie help daar word vir my die afval en oorskot uigedeel nie. Ek kon nuwe skoot rekenaar aangevra het. Vinniger, beter en mooier. Maar ek is bly vir maatskappy dis gelos. Want daar is baie belangrike data op van Volkswagen. En dan natuurlik die gelde betrokke vir nuwes ens...want dit sou seker groot duik gemaak het in ons bonus gelde wat ons nog in 5 jaar nie gekry het nie. ;-) Ek het in my 2 jaar by my maatskappy, ‘n 38% verhoging gekry. En daar is die maatskappy amper bankrot. Nee dis grap...te veel te vinnig mense aangestel of wat ookal. Stel nie belang om te weet nie. Almal is nou in rep en roer. Want hier in Kaklantis is dit voorblad nuus, die inbraak. Dis eintlik baie jammer dat mens moet vergaan van werk, en dat ’n inbraak weer die gons terug bring van ons byekorf. O ek jok...hier is ander gons gewees...nuwe dame is aangestel vir bemarking. Sy het vir “Discovery” gewerk. En sy lyk so oud. Haar oë is terug gesink en lyk nie baie wakker nie. Ek kan verstaan dat haar vorige werk dalk vol stres was. Maar sy is 1 jaar jonger as ek? Maar my punt is, die ingenieurs was almal in rep en roer. Is sy mooi vir my? Glad nie. Is sy lelik? Ek sal dit nie sê nie. Maar hul almal het weer bedaar. Ek meet ’n dame by ons se gewildheid aan die periode wat sy oor gepraat word. En sy is darem nie onder aan die lys nie. As 10 beste is, lê sy 4de. Sal nie durf uitbrei nie. O en ek sal nooit ingenieurs se opinies vat as wet nie. Dit sal glad nie slim van my wees nie. Maar genoeg van wenners en verloorders...

Ek wil vandag dankie sê vir my mede bloggers...Etain, Donsie, Lee, Phil en Grem...julle rock! Julle blogs rock! As enige individue hier lees en nie die ander ken nie, kyk na die aanwys lys op die regterkant van my blog. Maar net as jul tyd het. Hulle is snaaks, donker, ordentlik, frustreerd, maar groot resultaat is baie opwindend. J Ek kry glad nie genoeg tyd om die aandag wat jul blogs verdien, te gee nie. Maar eendag as ek groot is...dis my digitale belofte. En hou aan om ons te vermaak en te leer van julself. Daar is meer maar dis my groepie wat ek so veel moontlik besoek. Ok ek moet seker terug klim in my werk. Ek sien sommige van julle gouer as later, sal oor redes blog, en die ander sien ek julle op die Net Van Vele...Oor en uit...

4 comments:

Donsie said...

Ja nee kyk, n nuwe labtop is altyd n bonus. Sorry Marra, vandag nie jou dag.. Ek haat dit as mense inbreek. Ek verstaan die vuil... hoop die gegons hou gou op...

Nosjunkie said...

Hoekom het almal 'n kak dag

Anonymous said...

Heheheheh...ek het nie kak dag nie, wonder net hoekom my laptop nie goed genoeg is nie. Hahahahahaha

Ek voel insulted. Maar dit daar gelaat...het jy kaas dag lee?

Drizel said...

Ai boetie, die lae luise plaas hul joune ook steel...maar nou ja, die lewe lei.
Dankie vir die mooi woordjie, my hartjie opnuut warm en lief vir my enigste mooiste beste boetie.
HUGS