Friday, April 13

Terug en lewendig…


Pokket…wat ‘n paar maande…Wie sou kon droom dat ek in eerste 3 maande soveel vernadering sou sien. Dit maak my bang as ek terug dink daaraan. Kyk mense…my broek bewe. Gelukkig het ek 'n pilaar wat buig...maar nie knak nie. En nee ek verwys nie na my anatomie nie, ek verwys na die skadewee agter elke ordentlike, opgevoede, suksesvolle man. Die beter helfte. My beter helfte!!

Ek was bietjie minder as ‘n maand weg van haar. En daar is paar mense wat sal sê hou op teem, soos my wonderlike broer…en nee hy is wonderlik. Maar hy verlaat sy huis op gemiddeld elke 3 maande, vir 4 tot 6 weke amper…Ek glo nie vir 1 oomblik dat hy en sy verloofde gewoond is aan die tyd weg van mekaar nie.

Maar dit het nie meer so groot impak op hul lewens nie. My eerste maand wg van my klein wonderwerkie was baie naby aan HELL. Ok ek het geen idée hoe dit in HELL is nie. Maar ons almal weet dis ‘n plek waar mens nie wil eindig nie. Pok, dis soos Messina…ek sal in winter gaan kuier, maar die somer sien my nie daar nie!! Dis soos Pongola, waar hoender mense hul hoender hokke moet afspuit met water, anders bak die arme pluimee gaar. Pokken siek…

Ok, die nuwe werk…Dis vinnig, dis klomp en klomp…en dis pokken lekker. Ek het baie te sê oor my vorige maatskappy se probleme, maar dit maak hul nie ‘n slegte maatskappy nie. Maar o wee, ek is baie bly ek het die groter prentjie kom opsoek. Al is dit nou in Gauteng. Ek spring weer in die oggende op met moerse lawaai en sing in stort dat die 3 pit bull honde saam my raas. Ek dink nie hul hou van my stem nie. Maar ek bly op plot, so woe gee om. Nie hierdie “wil wees” skrywer nie. Ek is seker my maanskyn en rose gaan een of ander tyd in olie en papawer verander hier en daar. Soos reeds genome, het ek ‘n pragtige, sterk, slim pilaar wat my regop hou en inspireer. Ek sou sonder haar, seker nie 80% van die laaste tyd gemaak het nie. Dankie my rede om te lewe.

Nou ja, ek gaan afsluit met niks…want ek het nie rêrig iets om oor aft e sluit nie. Ek mis nie die Kaap soos ek moet nie. Ek mis die mense. Maar dit kan op gereelde basis met 2 uur vlugte uitgesorteer word. So hallo almal. Ek is Marra. En dis sover...klem op sover…BAIE lekker in Gauteng!!!!

6 comments:

Donsie said...

UitFreakenEindelik!!! Welkom in Gauteng... ek glo baie deure sal hier vir jou oopgaan en moet nou nie weer verdwyn nie asb!!!

Drizel said...

ek is baie baie bly jy en jou dame is nou hier, nou is jul hier en ek vlug die verte in. Ek hoop julle is sommer baie baie baie gelukkig veraltyd;)

Anonymous said...

yipppeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee!!!!

Marra said...

Heheheheh, dankie Dons, ja ek voel die selle...hoogtyd vir beter dinge.

Marra said...

Dankie etain, ons gaan wees, ek voel dit aan my linker boud, ons sal jou nog sien voor jy vlug!!!!

Marra said...

Heheheheheh @ anonymous, hmmm...I wonder who you are?!?!?!?!?!