Thursday, January 25

Denke oordryf, mense wat self hul probleme invryf

As ek terug dink aan al die manewales wat ons aangevang het as kinders, kan ek stories vertel wat derduisende boeke sal vul, met klein skrif. Ek het hierdie geseënde jongmens lewe gehad. Vol drama en angs, met humor om elke draai. Soos Checkers, was daar lag tussendeur, net om die hoek.

Ek misbruik soms my humor. Maar ek kan nie anders nie. 1 voorbeeld wat ek nou spesifiek aan dink. Ons het by ’n vriend gesit en kuier. Was std 9 of nee, om eties korrek nou te wees, was graad 11. Gesit en drink en gesels en net, wel jonk wees. En vir een of ander rede, was Hendrik die grootte se koffie tafel glas blad, gerookte glas blad, gekraak. En niemand weet wat daar gebeur het nie. En in ons onskuld, ons het buite gesit en kuier. Niemand was in die huis nie. Hendrik die grootte se pa het opgedaag na lang dag by die werk, soos ons “eeu van tegnologie” dit betaam, en met swaai-ende arms en een groot bulderende opera stem geskree:”Hendraak....Hendraak, wat gaan hier aan...Hendraak?! Nou ek hoef seker nie vir julle te vertel hoe hard ons gelag het nie, of hoe vinnig ons moes hardloop nie. Maar ek kon nie myself keer nie. Toe hierdie ongelooflike groot oom, in sy diepste opera stem van ons ’n verduideliking verwittig, en die aarde skielik donker word soos die son verdwyn agter die reus, het iets in my net gebreek, lag en trane het gevloei soos ons liewe nyl revier.

En soos ons almal weet, lag is vreeslik aansteeklik, vir al in onvanpas situasies. So almal het opgeeindig met seer maag spiere en nat wange. Ons almal het die volgende dag gaan omverskoning vra, vir die disrespek en gebreekte blad. Maar dit was glad nie snaaks nie. Die oom se hande kan jou hele gesit toemaak, ek sidder om te dink wat dit aand jou sal doen as tug uitgedeel word. Daar staan ons in ’n ry. Maar Hendrik die grootte, het dit goed gedink om dit terug te hou dat die bediende skuld erken het, en die helfte van die blad betaal het, wat self ’n baie ongewone storie is. Ek skryf dit toe aan die oom se lengte en grootte. Wat dit intimideer jou. Fisies en geestelik. In elkgeval, daar staan ons parade soos sardientjies in ’n ry. En die oom sal wragtig ’n stokkie onder sy arm druk soos ’n weermag offisier van ouds. En op en af paradeer en ons met groot, swart oë aangluur. Blykbaar het die angs op ons mombakkies sy siel gedraai, want vinnig het die oom uitgebars van die lag en ons vertel van die skuld erkening. Snaaks dat net ek saam met die oom gelag het. Dis seker die gedagte dat jy mank en krom gaan uistap wat die ander se humor opdroog het. Dis onnodig om te vertel dat Hendrik die grootte ’n straf gekry het. En hy het sy 20 kilo’s verloor, en die res van die vriende se ouerhuis-grasperke was goed versorg vir 3 maande.

Ek lag soms in die verkeerde situasie. Maar ek kan dit nie voor help nie. Dis asof my brein humor vind vir moeilike situasies. En my self so beskerm teen die emotionele ontnugtering wat gaan volg. Soms word donker stories met ernstige, geestelike gemoed vertel of weerpieel, en ek kan nie help om iets snaaks uit te wys nie. Ek kan met trots sê dat niemand wat ek ken nog seer gemaak is daardeur nie, waarvan ek weet nie. Want ek klou aan die hoop dat my ongewone en soms erg ontydige humor hul help om hul lot te vergeet. Of beter te verwerk. Ek erken, soms kan ek myself te veel in ander inleef. En dis nie lekker nie. Ek voel glad nie soos die een wat vertel nie, en sal ook nooit nie maar ek voel soos ek sal voel indien dit ek was, m.a.w. ek trek hul skoene aan. Wel al wat ek kan sê is, humor is dan nodig....brood nodig. Vir die wat nog wonder, ek is terug in die land van melk en heuning. Maar ek wonder...dis vandag 42 grade, en die ongemaklikheids grade is 48. En dis volgens WeatherSA.co.za vir die wat ongelowig is. AMEN!

7 comments:

Donsie said...

Welkom Terug Marra. Lekker om weer jou humor te lees. Ek dink hoekom jou humor mense nog nie seer gemaak het nie, is omdat almal weet dat jy dit goed bedoel en dit nie n slegte idee is om te luister nie.

Drizel said...

YAY jy is terug......lag is beter as huil. Ek en my sus het altyd vir die gay oralis gelag, nie om hy gay was nie....maar om hy sy hande so funny getrek het. Ons ouma het ons dag geknyp en dan het ons meer gelag.

Nosjunkie said...

Wie laaste lag... of so iets.

ek moet se dat ek slef skuldig is van die klag maar op 'n heel ander manier.
Ek het die fieslike gewoonte om opsetlik te lag in die verkeerde situasie.
As mense die onaardigste goeters skinder en ander vreet elke woord net omdat dit so 'n sappige lieg is, sal ek klip hard lag en vir mense vra of hulle regtig onnosel genoeg is om als te glo.

ek doen dit om mense wan hul mis hoppe af te kry en ja soms om myself net te verlekker in sommige mense se ongeluk

sies Lee
eks 'n vreeslike mens

Anonymous said...

Hahahahahaha...sies lee...hoe durf jy...hahahahahaha...ek sukkel sekere mense die groter prentjie te laat sien...en nee ek praat nie van my prentjie nie. Elke peisang het sy eie prentjie. Maar nou ja...kyk noord en....

Anonymous said...

Dankie, dis lekker om terug te wees, innie Kaap. Presies, dit vat meer spiere om terug te praat of te skree as om jou ore te gebruik. Maar nou ja. Mense is verkillend. En sommige mense rendeneer soos tieners, wat dit nie moontlik maak om met hul te redeneer of hulp te gee of niks nie.

Anonymous said...

jy het 'n goeie sin vir humor marra! dis wat ander mense aantrek na jou...jy is die heuning en hulle die bye...zoom zoom

Anonymous said...

Hahahahahaha, uhm...ek is allergies vir bye wat byt. So ek hoop die bye hou hul angels tuis. En ek sien die punt. Baie dankie vir die kommentaar.
:-)