Thursday, January 4

Sewe soorte van daardie gemors

Hello my mede bloggers,lesers en land genote. Ja dit was al ‘n hele ruk terug en ek skryf nou eers weer. Ek kan nie help nie, ek is teen my wil na die Hel gestuur. Vir die wat te veel brein selle gedooi het in die feestyd en nie meer kan onthou nie, ek is PE toe gestuur waar ek rekenaars, sagteware en menslike kennis op datum bring. Dis nie so erg hier om te bly nie. Maar dis erg warm. Hoe warm, so warm dat ek nie my wel verdiende sigaret hoef op te steek met my vuur aansteker nie. Ek los hom so amper 2 minute in die son.
En die bogger vlam vanself. Pure genot!

Ek is al 3 dae hier. En dit voel asof ek nie meer kan leef nie, die verlange na my beterhelfte is tragies vir die siel. Maar dis nie nou iets om oor te skryf nie. Soos my wonderlike sus skree: “Happy thoughts…HAPPY THOUGHTS!” Ok ons hou dit positief. Ek bly in oulike plekkie sonder kakkerlakke en slange en slake. Wat groot bonus is. Want die ander gaste huis wat ook deur die trunk(my maatskappy) gebruik word, is vol van die ongewone klein diertjies. Wat laat ek foto neem…Ok dis sommer die foto vir die blog. Dis van die toilet geneem vir die wat gewonder het. En die vuurherd is net-net sienbaar. En waarom ‘n mens ‘n vuurherd in die Hel wil geruik sal net hulle weet wat hier bly. O ja die afstandbeheer vir die tv kan nie van ‘die troon’ af die program nommer verander nie. Sommer simple, maar ek werk met wat ek het. Die werk gaan goed, die enjins loop mooi. Ek kry so nou en dan kans om sewe soorte mens / dier afval uit hul te toets. Tot groot minagting van sekere top mense hier by Volkswagen. Maar ek is nie hier om NET te werk nie mense. Ek het vir paar mense probeer geskenkies reel, soos pette en sleutelhouers ens. Maar ek sal eerder die nagamaakte goed gaan koop. Pok weet hoekom die regte egte gemors so duur is. Dis nog steeds net ‘n hoed met bietjie naaldwerk op? Die ontbyt hier by die gaste huis is ongelooflik lekker. Eerste oggend my maag sommer dom geeët. My maag was lanklaas so kwaai vir my. Maar dis my verdiende loon, want ek wil mos nie pokken hoor nie. Die eerste aand was ook vol opwinding. Na 3 ure se anvontuurlustige rondkrap en val het ek die volgende ontdek:

1. Gordyne kan toe, sodat die maan se lug nie my verblind en pokken wakker hou nie.
2. Die bessies in die tuin is nie vir eet doeleindes nie.
3. Die mense by die buurt se Moslem kerk sing nogal baie mooi.
4. Dis warm.
5. Die stort werk baie lekker.
6. Dis warm.
7. En die buurt is rustiger as vorige keure vir een of ander rede.
8. O ja en dis pokken WARM.

Ok ek moet seker nou weer gaan. So bietjie rus voor ek aand-ete gaan aanpak. Ek sal seker meer te skryf hê as ek terug is by werk. Wat eers oor 3 weke gaan wees. Ek kom darem terug die 12de Januarie, net voor ‘n goeie vriend se 30 ste verjaarsdag. En dis ‘n heel naweek partytjie. Laat Donsie en Me julle vertel. Dit gaan lekker wees. Hoop Vee kan dit maak. Sal hom graag wil ontmoet. Nou ja, aan al die mense, hoop jul feestyd was belowend, en sterkte met die nuwe jaar. Myne gaan groot en mooi wees, alhoewel hy baie swak begin, het ek my beterhelfte aan my sy. En sy is bang vir niks op aarde nie. Mis jou!

4 comments:

Drizel said...

Hey boetie....
Soos jy sal se die Vader weet hoekom jy van die troon die TV wil verander maar nou ja. Die mental picture laat my goed lag....
Ek verlang my siek na jou boetie. Ek dink heeltyd aan jou en hoop jy kom veilig en gelukig terug in die arms van jou jonge dame.
lekker aandjie en pas jou op.
Love ya.

Nosjunkie said...

Hey hey
Jys terug!
bly om jou te sien my maat!
geseende kersfees en gelukkige nuwe jaar en al dai dinge....
My innige simpatie met die feit dat jy op heete kolle is dis nie juis baie koeller hier nie.

anyway ek gaan nou vir Etain kuier want niemand is al terug van verlof af nie

Gremlin said...

Whahahaha en jy het altyd n manier om iets te se... Wel good luck en try burgersfort as jy da kla is, Dit so twee keer warmer...

Donsie said...

Ok Marra, lank genoeg stilte dankie!! Ons soek info?!?!?! Jy laat n mens hier aan n draad hang wat enige oomblik gaan snap!