Tuesday, December 5

Probeer dit vir grootte!

Mans kan soms so ondankbaar wees! En dit sluit hierdie vars piesang in wat skryf. Nee ek is nie verhewe bo ander nie. Sal dit nooit dink nie. Maar ek dink anders as die lot. Om altyd saam met die stroom te swem is een groot ingroei toon-nael vir my. Ek het lank laas enige ingroeisels gehad as gevolg van eie denke, maar ek is nie vir altyd verlos van hulle nie...

Kom ek maak die punt duidelik vir van my lesers...Nee ek sit die my kers lig op iemand spesifiek nie, as ek na 12AM skryf as gevolg van geen slaap, praat ek deurmekaar. Ek weet dit. Maar my punt mede lesers en skrywers, is dat ek al die ergste stories gehoor het oor skoonma’s. Ek kan net nie bewyse kry vir enige van die stories nie. Miskien omdat ek so oulik is, of miskien omdat my liefste moeder my met groot geduld geleer het, as iemand ’n minuut ouer is as jy, het jy respek vir daardie persoon. Totdat die respek misbruik of opgesnuif word soos ’n kokaiene monster. En ek bieg hier met groot glimlag, ek het nog nooit ’n moeder ontmoet wat nie van my hou nie. En dit is eerste vertel deur ’n baie goeie vriend van my. Hy verstaan hoekom hul van my hou, hy sê dit is net ongelooflik om iemand te ken waarvan alle ma’s hou en vertrou. Ek kan op een hand tel van vriendinne se ma’s wat dink ek is totaal en al kens en behoort opgesluit te word, maar niemand het nog die wit gejasde bliksems gebel nie. Want ek sit nog hier...Miskien is dit ook te danke aan my 15 keer verhuis in 2 jaar. NIE MY SKULD NIE!

Maar aan al die mans wat so gretiglik met ’n bier, hul doen dit net as hul braaf gedrink is of ander manlike ore het wat luister, staan en vertel hoe erg hul skoonma’s is...Lees mooi....Shaka Zulu, die koning van die zulu’s, het iets soos 200 vroue gehad in sy kort leeftyd. Jy wat jou brandewyn suig soos ’n pas gebore baba sy melk, hoe durf jy jou vinger wys? Kyk moenie nou ’n fout maak nie, Shaka was nie ’n normale mens nie, hy was van looitjie getik. As hy nie van jou gehou het nie, is jy ter dood veroordeel, so ek sal die argument met graagte aanvaar dat die skoonma’s dalk bang was vir hom. Maar as jy in die geskiedenis ingaan, was die vroue van menige groep homo erecti erger bloed bepok as die mans. Agter elke man, staan daar ’n vrou met ’n wapen van haar keuse. Ons is baie gelukkig in vandag se tyd dat die wapen ’n koek roller of skerp tong is...want ’n spies, mes, swaard, etc in my ribbes sal nie deeg nie. Dit sal my net loop-en-val siekte gee en dalk met ’n laaste asem my hare terug blaas. Ek het nie ’n skoonma nie op my huidige lewens paadjie nie. Ek het wel ’n wonderlike beter helfte saam wie ek nou dan by haar ma of saam haar en haar ma kuier. En dis ongelooflik lekker! Geniet elke oomblik daarvan terdeë. Ek het baie respek vir my klein “wonderwerkie” se ma. Sy is ’n ongelooflike vrou! Miskien is ek net baie gelukkig. En nee, ek is seker daar is hekse daar buite. Daar moet wees, maar ’n groot getal van die klaende man kouse doen dit omdat dit hul laat beter voel oor hulself. Ek weet ek kla oor my werk en salaris want dit laat my beter voel en af blaas. En omdat mense luister. As niemand geluister het nie, was ek stom verklaar, want ek sou nie ’n woord gesê nie. Net my whiskey gedrink het en my siggaretjie gesuig het asof ek kompitiesie deelneem.

Ek het groot aardse liefde en respek vir enige ma in die natuur. Ek dink julle is wonderlik, sommige van die ma’s se kinders is nie wonderlik nie, maar ek sal julle nie hof toe vat nie. Dankie alle mamma’s! En ons is lief vir julle!

15 comments:

Donsie said...

Dankie Marra. Dis lekker om n mamma te is, ja dit is.
My oe wel oop gegaan vir die skoonma storie. My dogter sal maar moet pasop!!!

Marra said...

Hahahahahahaha...nee moenie, niemand hoef versigtig te wees nie. Dis juis die punt, as jy net jouself is, maak dit nie saak watter skoonma jy kry nie. Solank jy en jou beter helfte gelukkig is, kan niks jul verhouding ontsuur nie. Wel, dit klink soos 'n fliek storie, perfekte lewe...maar as jy jou sterk hou en almal goed verstaan waar jy staan, val alles in plek.

Drizel said...

Dit is tog jou geliefde se ma, en meisies raak wel op ouer ouderdom soos hul ma's dit is die wet van natuur. Hell ek kan nie die dink dat ek so great soos my moeder sal wees nie, maar ek sal try.
Pragtige stuk parratjie.

SaM-GiRL said...

Ek is k@k bang vir my beter helfte se ma, en ons is al vir sooo lank saam.....maar die stuk het my wel laat dink...ek trou nie met haar nie, met hom, so sy moet my maar net aanvaar ne.....tough shit. Die wereld sou seker makliker vir my gewees het as al die ander ma's soos my moeksie was.

Anonymous said...

ek love die pick hierby!
weet julle hoekom 'n heks nie 'n broekie dra nie?
dis om better "grip" op haar besem te kry!!
ek weet ek weet
sies Lee
Ek en DW se ma het 'n "mind over matter" verhouding; "if she doesnt matter I dont mind"
vrek my afrikaans suck

SaM-GiRL said...

HAHAHAHAHAHAHA @ LEE.

Anonymous said...

Shame sam, as ek moet kniee breek moet jy sê...ek ken mense wat mense ken wat als sal doen vir bottel brandewyn. Hahahahahahaha

Grappie!

Sjoe lee...en dis nie al nie huh! Blog jy biki oor skoonma...ek is nou heel nuuskierig! ;-)

Anonymous said...

Dankie etain, ja dit is my geliefde se ma. En ek kan sien dis ha ma ook. Hulle is pragtige mense!

Anonymous said...

Nee frek
Ek het nie die woorde skat vir dai blog nie.
Kom ons stel dit so... Die meerderheid van afrikaanse mammas droom dat hulle oog appeltjies eendag Annie Pattat met goeie Afrikaaner inborste sal huistoe bring.
Die damme moet bak en brou en altyd 'n wag voor har mond hou. Sy moet 'n goeie huisvrou en broeikas maak.
Die oomblik wat ek met my groot bek opienies en "Suffer jet" standpunte die huis in stap, dop daai koeksister antie om soos vlee. Skoonmas hou nie baie van my nie

Anonymous said...

hmmm...Marra is stom geslaan...het nie woorde nie? Maar dis mos 'n blatante leuen jong dame?

Anonymous said...

ek sidder om te dink wat jou tot dai gevolgtrekking lei

Marra said...

Hahahaha...vra is vry. ;-)

lost said...

hahahaha... my mother in law, hated me.. til i got divorced and he moved back home.. mommy darling realised her little angel boy is a little kookoo...

Anonymous said...

lost, you just made me think...every mom I met might like me...but my mom will be a witch...No one deserves her little boy...dang...have to coach my girl now...

Anonymous said...

Dis groot plesier!

En dankie vir die inloer.
:-)