Thursday, November 30

Huil vir my die nyl revier…

Hoeveel keer het ek al die storie gehoor? Ek het nie genoeg vingers en tone nie...so ek kan nie tot daar tel nie. Maar as ek moet sente tel vir elke storie, sal ek BAIE lank besig wees en ja...genoeg geld hê om my en my beter helfte se lewe baie gemaklik en lekker te maak.

Die storie wat ek amusant vind, is die storie van opera. Sê dit stadig...oop-pa-ra. Dis ongelooflik hoe naief sommige mense kan wees. “Nee Marius, hy/sy het nie eers my naam gevra nie...” Sjoe, wat verwag mens as jy vir die eerste, tweede of derde afspraak, op jou rug gaan lê soos ’n hond en vra dat jou magie gevryf word met bene wat strek van oos na wes, of as jy anders is, noord na suid? Ek het geen probleem met lus nie, maar as jy lus vir liefde opneem, gaan ek lag totdat ek bloed uitskei. En almal om my kan krap en krap tot die jeuk weg gaan. Maar wat verwag mens met so optrede? Ek bly glo in die soort soek soort. Dis al te veel keer bewys vir my. Ek sal niemand ’n hoer of straat man/vrou noem nie. Tensy dit op jou werk deskripsie form staan. Dan mag ek maar. En ek preek ook glad nie. Maar jy word groot met die gedagte dat vuur jou brand. Wat soms lekker is, maar as jy jou vinger op ’n kooltjie gaan druk, gaan jy gebrand word. Dit is die wet van die natuur. Waarom sal jy wil neul en teem na die tyd? Ek het my weird vriende...mense wat ’n bakkie vrag pynappels na ’n hoer huis vat en vra of hul kan R300 se pynappels inruil vir die dienste van die huis. Ja hy is ’n jong opkomende boer. En drank maak enige mens maar snaakse dinge doen.

Ek ken mans wat van ’n donderdag saam ’n meisie kuier, en dan die sondag as hy haar aan ’n kamermaat moet voorstel wat terug gekom het, vra ide man...ekskuus wat is jou naam nou weer. Ek vind die gesig trekke en pyn wat ek in die oë sien vreeslik amusant. Nee ander se pyn is nie lekker nie, maar jy weet dat vuur brand? Ek dink persoonlik ek is die domste slim mens, of die slimste dom mens, wat ookal jou hare terug blaas. Daar is soveel situasies wat ek van beter weet, mar dink jy ek sal luister na my grys stof? O nee, hoekom sal ek dit wil doen. Jy is simpel om te luister. Ek lag gereeld vir my manewales. Ok meer as die helfte is om ander om my te laat lag. Want daar is niks lekkerder as om ’n glimlag op ’n ander persoon se mombakkies te sien nie. En as ek rerig geseën word, kry ek ’n lag. Ek leef vir glimlagte en opregte lag. Ek dink ek voel dieselfde hoog soos ’n ouer wat hul kind die eerste keer hoor praat, of eerste keer sien loop. Ek was gisteraand in Skelmbos(Stellenbosch) vir baie goeie redes...*wink wink* En terwyl ek by die BP staan om petrol in my sport motor te gooi, en nie een nie, maar twee groepe mense het my voorgekeur om foto’s te neem van my afro. Hul het ’n skattejag gehad, van die studente, en hul moes ’n wit man afneem met rasta hare, of ’n wolkop soos myne (afro). Ek neem aan die rasta hare en wolkop is skaars soos hoender tande of wit tiere. Ek het genoem julle kan nie foto’s neem van my nie(vir hul skattejag bewyse) want my ma weet nie ek rook nie.

Ek bieg...die glimlagte het gedeelte van my aand gemaak, en my beter helfte het volkome my aand gemaak. O...dis...lekker om te lewe ja dit is!

9 comments:

Drizel said...

Soms sal jy kop deurstamp, mens weet nie hoekom nie, en mens weet van beter. Dis net nie altyd so maklik nie.
Ek kan baie se oor dit maar ek gaan nou nie soppy en filisofies, sielkundig raak nie.
Hoe weet mens waar om nie te soek nie, jy moet maar leer, en leer sal jy stamp en die tyd sal jou leer.

Donsie said...

Al wat ek hieroor wil sê is dat ek soms wens ek wil luister wanneer mense vir my raad gee.
Ek het genoeg grysstof - trust my, maar hel soms kan ek ook maar STUPID dinge aanvang. Semi aspris moet ek by sê.
Om n glimlag op iemand se gesig te sit. O yes, my mikpunt elke dag. Ek hap tot my baas kak. Veral as die stress levels lekka hoog in die kantoor hang.
Anyway - back to hell...

Anonymous said...

Haai parra
Ek is vreeslik bly ek het nooit op matriek een van jou insetsels gekry om op te som nie. Want soms weet ek nie altyd wat jou hoof gedagte is ni
al-te -wel ek wens daar was meer mense soos jy wat graag ander mense wil maak glimlag Jozi kan doen met hulle

Drizel said...

Hey Lee, hier is baie mense wat hier glimlag, ek dink mens moet met jouself begin....glimlag vir iemand of maak iemand lag, jy sal sien, hier is ook baie mense wat wil lag. BYGESE daar is net ene soos ons se parratjie, thats why we love him so much.

SaM-GiRL said...

hahahahahahahahahahaha!!! ai marra, jou stukkies is altyd so funny vir my!! ek sien uit daarna om dit te lees, die manier wat jy humor in iets ernstig in try werk! doen dit biki meer gereeld toe!

Anonymous said...

@Etain, Almal in my kantoor is pregnant en is besig om 'n "serius sense of humor failure" te beleef.
ek het nou net vir iemand gesimle en nou dink sy ek le by haar aan.
Dit het my ten minste laat smile.
@Parra niks teen jou skryf werk nie, wasi so bedoel nie, ek geniet om baie uit 'n stuk te kry.

Drizel said...

Whahahhahaha...Lee jyis nie suppose om hotness in the smile te sit nie, dan sal almal dink jy le by hul aan....hihihihih....Swanger, shame arme hulle!!!

Anonymous said...

Hallo mede bloggers, ek vra nederig omverskoning vir 'n groep aankondiging. En nee ek gaan nie begin verskonings opgooi nie, maar redes gee.

Ek het vreeslik baie werk en moet nog help om ons eindjaar funksie reël wat vrydag gebeur. En ek moet alles reg kry vir groot projek in Januarie. Ek gaan vir maand na PE. Dankie vir almal se kommentaar. Ek beloof om nog te skryf so gou moontlik. Julle is almal baie snaaks! En ek waardeer elke insetsel! Kan nie wag om tyd te kry om julle blogs te gaan lees nie!

Marra said...

Hahahahahahahahaha...luister lee, alles gebeur met rede. En ja ek spring ongelooflik, want ek skryf konstand wat deur my brein gaan. En jy wil NIE my brein golwe sien nie...Glo my. Waarvoor se jy ekskuus? Voel jy skuldig oor iets?

Sam, jy is so cute. Dankie en ek hoop om jou altyd te laat lag! Viva sam smile!

Etain, raak sielkundig, raak net wat jy wil. Jy weet dit blaas my hare terug!

Donsie, mens leer maar kruip voor jy loop, ek en jy het al baie foute gedeel...ok jy meer as ek..hahahahaha...grappie, ernstig nou...Nog nie een fout was verniet nie. Jy het mooier en slimmer geword. Moenie jouself daaroor raps nie...kry 'n ou van jou keuse om jou daaroor te raps. ;-)