Tuesday, November 21

Hoe nou waar nou wat nou?

Hoeveel keer het ons die vrae al gevra? Pok as ek net aan my lewe dink...paar duisend keer? Want dis so lekker? Nee wag, want die hulpelose gevoel laat my semi opgewonde raak? Ek dink mense doen dit aspris...trek skouers op, want dit vat te veel moeite om te dink. Nee, trek jou 18+ spiere om jou skouers op te trek, maar moenie waag om jou 1 brein te gebruik nie. Hoe durf jy....hoe durf jy jou satan slet!

Storie gaan so...

The Sergeant:”Ek het mooi gevra dat jy die ratkas moet oopmaak en die helikopter was?!”
The Corporal:“ Eish, I don’t know how, the gearbox is too much…”
The Sergeant:” Hoe het jy gekwalifiseer in die lugmag?”

The Corporal:” I do not understand…(Hy kyk weg)?”
The Sergeant:” Moenie kom staan en dom speel nie, jy het nou net ratkas vertaal! Ek is seker jy maak of jy nie verstaan nie en dan doen ons jou werk, vir jou?”
The Corporal:” Eish, I’m not dumb, you…you are fat!!”
The Sergeant:” Ek het nie gesê jy is dom nie, ek het gese jy hou jou dom. En ek is miskien vet, maar ek kan gewig verloor. En weet jy...jy is swart, en gaan vir altyd swart wees...!”
The Corporal:(Lag klip hard….skud sy kop….draai om en loop)

VRYWARING:

En vir die wat hier lees en wil polities raak. Ek kraak niemand af nie, ek vertel die storie soos dit gebeur het, en ek wys nie vinger na enige persoon spesifiek nie.

Ek wonder soms hoekom ons as mense, moet moeilik wees. O ek kry my waarde vir piesangs in. Moenie fout maak nie. Ek moet hard en duidelik my tong dophou, anders kan ek oproerig raak oor die kleinste dingetjies. Nee, ek is nie soos sommige verskonings op die net en verkondig my talente as ’n manipuleerder van mense nie. Nog minder preek ek omdat iemand se geloof verskil van myne en terwyl ek my meisie verneuk en beswadder nie, maar somtyds, vergeet ek van die menslike waarde en liefde vir die naaste...En ek voel sleg daaroor.

Maar dis omdat ek dink die mense doen dit aspris. Hulle is soos kinders. Wil kyk hoe ver hul jou hart klop kan vat. Vir watter kinderlike rede ookal. Gelukkig het ek myself geleer om twee keer te dink. Anders was ek al of in die tronk en iemand se gat gabba, of ek het 6 voet onder die mooi grasperk gelê van een of ander begraaf “plaas”. Baie snaakse woord maar nou ja. Ek sal altyd my tong probeer dop hou, en vir die wat die sout sweet van my voete al geproe het, ek vra nederig omverskoning omdat julle nie dink nie.

6 comments:

SaM-GiRL said...

Moenie jou tong dophou nie marra, dit is wat jou uniek maak.... Hoekom moet jy dieselfde as al die ander mense wees as God ons almal anders gemaak het vir 'n rede, STAAN UIT!

Anonymous said...

Wow Sam, dis die mooiste kommentaar van jou af op my blog! Baie, baie dankie!

Jy moet mooi dag hê en soet wees. Flip jy laat my nou baie dink. Dankie!

Anonymous said...

Parratjie, Dankie vir die post, jy weet hoe mense my altyd judge ten opsigte van my geloof, my uitmekaar wil skeer om ek nie is wat hul dink reg is nie. Ek weet jy glo, maar nog nooit het jy iets in my keel probeer afdruk nie, my RESPEK vir jou is baie hoog!!!!
Dis jou keuse of jy jou tong wil byt of nie, dis jou keuse of jy wil gil, huil, lag, speog.. In als wat ons doen al wat mens het is jou keuse.
Boetie vir jou is ek vreeslik lief en dankie vir woorde wat my sterk hou.mwah!

Anonymous said...

I believe in one thing and that is myself I dont believ in holding my tounge when I know I'm right or when I feel people should know.
I believe that conformity is evil so to all those who swim against the stream
Speak up you need to be heard

Anonymous said...

Soms is dit nodig dat iemand vir jou die waarheid vertel. En soms klink dit skerp op die tong. Maar eerder dit as wat daar leun of leun vir jou vertel word omdat jy bang jy maak iemand seer.
Kan mense nie verstaan dat jy MEER seer kry as jy later agterkom die persoon het gelieg.
Speak your mind, vroeg vroeg. Bly soos jy is Marra - jy het guts!

Anonymous said...

Platsier!!!!! En Anon, baie drankies. Ek sal bly soos ek is...Want ek kan nie anders of vals wees nie. Hahahahahaha

Nee rêrig...ek kan nie...