Wednesday, November 15

Hoekom sal mense dit alleen wil doen?


Sommige van ons kan net nie alleen wees nie. Ek het dit soveel keer in my lewe al gesien. Mense verwaag in hul alleenheid. En ek verstaan dit. Maar twee bene is, onder andere, gemaak om op te staan. Veral as jy uit die skool is. Ek ken mense wie se ouers hul beskerm met hartelus. Maar die pok weet, soos ons almal op internet gesien het al....wolwe jag in groepe. Wat my laat dink aan die grappie...”Seuntjie van 3, sê vir dogtertjie van 3: “Kyk daar is ’n kondoom op die patio!” En dogtertjie antwoord: “ Wat is ’n patio?”

Ek sal nooit my eerste Tuks jool vergeet nie. Ek het met my beste klere en groot, opgewonde oë na die plaas van alle onheilige dinge gery. Ek was 16 jaar oud en danksy vele hulp, reg vir die groot partytjie. Wat ’n prentjie...Dis hemels groot bier tente, 3 donker nag klubs se platejoggies wat mal gaan, en een groot teater waar eg SA musikale groepe my bene laat spring en dans het dat ek liters en liters bier verwerk het ’n baie kort tydjie. Dit was my eerste ervaring van lewendige groep optredes. En ek was vir altyd verlief en verlore...Ander tyd meer inligting daaroor. Ons het so gedans en rond geloop, ek kon ’n emmer vol water maak as ek my klere sou uitdroog. Dis snaaks want daardie tyd was daar ’n paar groot baniere opgesit met groot letter....”Geen seks tot en met die huwelik!”...My derde jool was die slagspreuk: “Geen seks sonder kondoom!” Dit is ongelooflik hoe vinnig alles om ons beweeg en aanbeweeg. Eendag gaan ek vir my kind, terwyl die klein siel in baarmoeder sap dryf, al moet verduidelik hoekom daar twee monde is of een mond en ’n stokkie. En ek sal nog met identiese geslag tweeling regkom. Maar hoe verduidelik ek die verskil terwyl ’n tweeling bestaande uit meisie en seuntjie, die vlinder slag beoefen in die plasenta water sak wat lewe gee? Ek kan nie eers die een hoek toe stuur of vra gaan staan buite nie?

En dan nog te verduidelik van die pad van geboorte nie...”Erm...nee my seun, jy het nie so kanaal nie, maar volg hom net tot jy die lig sien...En moet om hemels naam net nie bang wees nie.” Maar ek is ook nie bang nie...Sal die een engels leer en die ander afrikaans. Ek dink nie dis prakties moontlik nie maar ek moet iets probeer. Gelukkig het ek tyd om dit alles deur te dink en plan te maak. En soos meeste mense my ken. Ek is marra man met ’n plan. Terwyl ek die seks opvoeding in die baarmoeder doen, gaan ek sommer musiek lesse gee aangesien klank golwe verder en beter in water as medium beweeg. Dink net, die klein siel word gebore met kennis.

20 comments:

Donsie said...

Of jy is broeis of jy dink VER vooruit. Oor jou heading kan ek veel se, maar dit is in die verlede so gaan nie bother nie.

Al wat ek wel gaan se is: Dit is nie jou keuse nie! Daardie keuse word vir jou gemaak en dan sit jy met die gebakte pere en DIT my liewe vriend bid ek niemand aan nie.

Stunning Post
Tweeling.

Anonymous said...

Wow...jy het sopas my eie teorie vir my bewys...Dit is ongelooflik!!

Jy is ongelooflik!!! O die teorie, is hoe ons verskil in ons denke as verkillende mense dieselfde stuk lees.

Dankie vir jou kommentaar en...

Viva la eie mens wees!

Donsie said...

Marra as mense nie verskillende sieninge gehad het oor verskillende onderwerpe nie, kan jy dink hoe borring die lewe sou gewees het??

Dankie vir die kompliment!

Cheers.

Anonymous said...

Hahahahahahaha...mag die Vader jou seen...

Een braaf opinie gou...Het presies so gedink. Maar ek ken meer mense wat mekaar of ander volg, as mense met hul eie wonderlike denke.

Raar...maar waar. :-)

Donsie said...

Ja Marra stem saam dat MEESTE mense soos skape is en agter mekaar aan loop.

Maar daar is mal goed soos ons wat die dam onder die eend uit ruk en meeste van die tyd n beter punt beet het as die ander.

Maar dit is n fight vir n ander dag.

Cheers

Anonymous said...

Om alleen te wees maak mense bang dis hoekom jy eerder in verhouding sal bly wat al brak en smakloos is omdat jy te bang is om aan te beweeg. Ek vrees vir wat mens jou kind moet leer as daai kleine lyfie uitpop. O daar is baie studies op musiek en die fetus gedoen en dit werk soos droom...pragtig wragtig pragtig

SaM-GiRL said...

....”Geen seks tot en met die huwelik!”...My derde jool was die slagspreuk: “Geen seks sonder kondoom ) hahaha...........times are changing maaaaaan....lol.

Anonymous said...

Die pad alleen is nie n leker paatjie om te loop nie... Okay I'm Blank today...

Anonymous said...

Ek is self een van dai snaakse mense wat nie alleen kan wees nie. ek maak myself baie "depro" want as ek alleen is kry ek myslef jammer.
Ek en DW het gister aand juis so gepraat oor hoe ding gaan wees oor 10 jaar

Anonymous said...

HAHAHA Ja Lee dinge oor tien jaar.... mmmm Ek wil nie eers weet nie... LOL

Anonymous said...

Oor tien jaar sorg jy vir my eerste drie dogters terwyl ek try vir 'n seun.
Nou dat ek daaraan dink
Kan jy nou net my strork party imagine met al julle latte

Marra said...

Sjoe...kan ek die "stork" wees by jou "stork" partytjie? Wou nog altyd soos 'n groot voël aangetrek het en my vlerke geklap het...

Hoe maak 'n "stork"....???

Anonymous said...

hehe Lee ek hoop dis net een dogtertjie voor n laaitjie

Anonymous said...

VIR JOU PART HOOP EK OOK SO

Anonymous said...

whahahahahaha @ parratjie...ek dink dit maak SKWAK SKWAK!!!!

Anonymous said...

Nevermind die geluide ek is bekomerd oor die feit dat hy soos 'n voel wil aantrek

Anonymous said...

Hey almal het hul fantasies, wie is ons om nou teen die prikkels te skop......parratjie waar is jy, ek wil met jou gesels, teken in op msn asb!!!

Anonymous said...

Hahahahahaha....groot voëls is wat almal wil hê...ek wil ook gehê word...pfffhahahahahaahaha

Anonymous said...

Uhmmmm ek soek nie n groot voel nie...

Anonymous said...

Kom nou Grem, jy is tussen vriende, nie nodig om jou diepste donkerste geheime te ontken nie.
Hahahahaha

Wees 'n man!

Flip, te veel kommentaar...tyd vir nuwe blog.