Friday, November 24

Kyk ma...geen hande!!!


Ek is mal oor die lewe se klein donker ongelukkies. Hoekom sal ons huil oor 'n werk wat jou niks betaal nie, oor vriende wat nie jou manier dink nie, en toilette wat nie toilet papier het nie? Dis vandag ’n sielsgenoot wonderlike dag. En nee dis nie omdat dit vrydag is nie. Ek is mal oor maandae. My rede is eenvoudig: Almal is nors en ongelukkig om weer by die tronke van werke te wees, en dan los hul my uit. Wat beteken ek kry soveel werk gedoen. En soos die week aanloop, verloor ek kosbare tyd soos die vlugvoetige blaam aanskywene mense in jou kantoor kom staan en blaam en teem. Maar dis als die moeite werd. Want soos die vrydag sy lang liefdevolle naels in jou rug slaan naby die punt van geen terugkeer nie, weet ek dat maandag oppad is. En maandag kry ek werk gedoen.

Ek moet nou vir 28 dae weg wees van my beter helfte. Ek vlieg die 2de Januarie en vlieg terug
die 28ste Januarie. Saam met dit, moet ek in PE wees vir my verjaarsdag. My tweeling sus kom kuier met al haar trawante van Johannesburg, vriende kom terug van New York en Amsterdam vir een groot plaas partiekie...en Marra sit in Uitenhaag. Waar almal met almal trou en almal vir almal ken...persoonlik. Ek het een aand, met vorige besoek daar, vreeslik lekker gelag. Ek wil sin begin het met die dame, maar sy was nie. Die dronk man het aangelê en aangelê...en hy moes onheilig gepraat het van haar of haar anatomie, want die volgende oomblik het ’n Mike Tyson regter hand van justisie deurgekom en ’n kennebak laat rondskuif soos ’n kat wat nie sy lê kry nie. Die ou se vriende het hom kom optel en weg gedra...dit was vreeslik oulik. Onnodig om te verduidelik dat ek alle oog kantak met die ystervuis vermy het.
Behalwe as sy my kos wou steel of my drank drink. Dan het ek waarlik die blommetjie met die geblikte arm aangevat.

Ek is mos ’n verkleurmannetjie. Pas my in elke omgewing en situasie aan. Hoekom sal ek dit wil doen? Ek hou nie van die kollig wat om my skyn nie. Of dat ek vir watter rede ookal uitstaan nie. Alhoewel my humor my altyd flous en uitbring van ’n hok bestaan. Maar dit is so gekies vir my en ek is gelukkig daarmee. Nee ek maak nie of ek iemand anders is nie, ek is myself, net nie oordonderend nie. Aandag is vir iemand wat daarvan hou dat mense hulle pla. Ek raak fisies as iemand my nie kan uitlos nie. Of dit nou adam of eva is. Ek het ’n baie groot mentale krieket kolf wat ek nie skroom om te swaai nie. En julle dink Lance Klusener slaan sesse? Hahahahahahaha
Om terug te kom na Uitenhaag...Viva Uitenhaag meisies! Nou ja...ek moet werk van die 16de Desember tot die 28 Januarie. Een van twee dinge gaan gebeur. Ek gaan of baie drink of baie rook en dvd’s kyk. Ek is bang Uitenhaag smeer af op my. Hahahahahaha...Nee dis ’n grappie julle. Wel ek moet reg maak vir ’n wonderlike naweek van trek, piekniek en wyn. Mag julle almal ’n geseënde naweek hê en as julle nie kan goed wees nie, wees goed met dit!

5 comments:

Drizel said...

Boetie my Wes kom kuier so dit gaan goed wees, en dan as hy saterdag weer terug gaan, gaan ek saam my maaikie die aand my sorge verdrink!!
Jy sal fine wees boetie almal doen goed wat aaklig en nie lekker is nie van tyd tot tyd. Dink net hoe lekker gaan dit in jou Dame se arms wees as jy terug is;-). die lewe sal ons leer jong.
Lekker naweek vir jou ook, en ek geniet so as jy skryf!!!

Anonymous said...

Hahahahaha...ek het geen twyfel dat dit gaan goed wees nie my sus...Gelukkig as ek aan jou en wes dink, sit my prenkie brein af...hahahahaha

Ek behoort fine te wees. Sal 'n ondersteunings groep kry da innie verte om die verlange en gebeurtenisse wat ek mis, op te raap en weg te gaap... ;-)

Drizel said...

ja nee, jy wil nie dink wat ekke en my wes doen nie.....Gosh X rated...whahahahaha

Anonymous said...

Ek wens ek het jou positiewe uitkyk op maandae gahaad.
soos jy kan sien voeg ek nou eers my kommentaartjie en die eenigste goeie ding omtrent Maandae is die feit dat daar nog net drie van hulle oor is vir my die jaar

Anonymous said...

Heheheheheh...die uitkyk was nie altyd daar nie. Het maar geoefen en gespoeg en geskree. Net gedink dis beter om "oopkyk tyd" by die werk te kry en dan by my positiewe te bly.

En dit was maandag...