Wednesday, November 8

Gaan dood jou blerrie mot!!


Somtyds in ons allerdaagse lewe, kry jy die oomblike van totale waansin. Wel ek kry dit nogal gereeld, en ek sien altyd humor in enige situasie. Veral as dit een of ander moederlose natuur ongeluk is wat vieslike woorde tik op een of ander web tuiste waar iemand van die hart skryf. Ja ons almal het nie tik op skool gehad nie, en blykbaar het afrikaans nie geseëvier nie. Maar wat daarvan?? Ek kan net dankbaar wees vir so baie.

Ek is dankbaar dat mense een ding op die brein het...Ek is dankbaar dat mense hul eie nasie moord en roof. Ek is dankbaar dat ek siek word en almal aansteek deur op hul te gaan nies of hoes.(As ek nie mag afkry omdat jy kan SIEN ek is siek nie,gaan ek hier dood en vat soveel saam as moontlik meneer). Hoekom is ek so dankbaar? Wel dit vat soms ’n naweek saam met iemand baie spesiaal om rêrig ’n lewens-veranderende ervaring deur te maak. Dit klink nou na iets onheilig, maar ek is ’n plat op die aarde mens met plat op die aarde voete en plat op die aarde waardes. Veral as ek by Randburg Waterfront instap. Dan val alle menslik-nodige waardes van my skouers af, en na 3 ure van rond kuier val ek ook plat neer. Juistement die plat op die aarde beskrywing van myself. Terug na die naweek.

Ek het uitgehelp met tegniese taakies wat min mense sal doen of sal wil doen. Ek het tyd spandeer saam met iemand wat my 99% stimuleer. Ek het moeë oê toe laat val met harde knal in 0 decibel geraas omgewing. En ek het so geslaap, dat klasvaakie nie eers ’n vinger wou lig vir my nie. Weet nie waar die vinger was nie maar hy het hom nie gelig nie ek beloof. En ek het tyd saam met geliefdes spandeer wat ek lanklaas gedoen het. So vandag is ek baie dankbaar...selfs vir die bure wat so skree en raas op mekaar en dan mekaar in die parkering oor-en-teer. Ek is dankbaar vir ’n slegte salaris by ’n baie snaakse maatskappy.

Bo alles is ek dankbaar dat ek kan asem haal en klere wat ek kan aantrek. Want pok weet ek wil nie hof toe gaan omdat mense hul DOOD gelag het vir my nie. J As ek moes kies...sou ek elke naweek so wou spandeer. Maar as ek terug dink aan die laaste 3 maande se naweke...kan ek nie dink dat ek NIE ’n goeie naweek gehad het nie. Dit klink nie mens moontlik nie, maar elke naweek word beter. Nee ek het nie die Eden tuin perfekte lewe nie. Maar al die negatiewe maak nie saak nie. Nie in die minste nie. Wat vir my tel is waar ek was en saam wie ek was. En ek sal veraltyd so wil spandeer.

Altyd....

12 comments:

Anonymous said...

Ek is dankbaar jy het my ook aangesteek deur op my te hoes...en ek nou soos 'n hygende varkie hoes en proes.
Ek is dankbaar ek kan my lief so nou en dan, dan en wan sien.
Ek is dankbaar jy is my boetie, en ek is dankbaar vir my hele fadamilie.
Mwah!

Marra said...

Heheheheheh...En ek is dankbaar dat jy skryf...Moet NOOIT ophou nie.
Mwah

Anonymous said...

Ek is baie bly dat jy UITEINDELIK gelukkig is - gedink dit kom nooit, ek gun jou elke oomblik!
Tweeling

Anonymous said...

Belowe owe ek sal nooit stop nie.....

Anonymous said...

Hay why you never let me know you have a Blog??????

Monster van Onder.... mmmmmmm....

To lazy to read now but will be back soon with a revelant comment...

Marra said...

Jammer Grem, is maar nog nuut tot die hele skryf ding.Vind nog my voete en verlore kar sleutels en beursie en...en... :-)

Ja monster van Transvaal, volgens die Kaapenaars ry jy af transvaal toe.....

Anonymous said...

Whahahaha

SaM-GiRL said...

hahaha! jou blogs laat my altyd lag marra. dankie! dis 'n great ene, great pic (mot......hahaha)

Marra said...

Wow thanks Sam, dis die hoof doel vir my my. As ek mense kan laat lag is ek in die 8ste hemel. Hoekom 8ste hemel? Want el los die sewende ene vir die ander....hahahahahaha

Anonymous said...

Okay ek is baie "confused"oor die familie trekke hier. wies nou wiese family
My ma se nog allie pad hulle het die armbandjie in die hospitaal omgeruil want ek kannie moontlik haar kind weesie.
Ek is bly hulle het nooit my regte ma gefind nie want ek sidder om te dink uit watse familie kom ek regtig

Anonymous said...

Hahahahahahaha @ lee...

Ons is almal hillbillies hier lee...jy nie geweet nie? Dis een groot griekse slaai as dit by die familie boom kom. En dan is ek nog deur die blare ook.

As jy rerig wil kan ek verduidelik...ma dis lank gatsels en stadig wees...

Anonymous said...

dis oraait
ek gun jou dit as ons oud presedent sy griekse slaaitjie aan die kant kon "tosse" dan kan julle ma 'n griekkse famly he