Friday, November 10

Agter af anders is jy braaf

Ek wonder altyd hoekom mense die vlekvrye vleis mes vat en hom druk waar jou oë nie kan sien sonder hulp nie. En van hulle is so parmantig dat hul die vleim skerp mes druk waar die son nie skyn nie. As mens ‘n homoseksueel was sou ek verstaan. “Nee my lover, jy moet jou anderkant vir my wys, nie jou gravitasie balans beentjie nie, sodat ek hom diep kan indruk…”. Ek is seker die algemene homo erectus onder ons sal dit nie uit eie wil of eers met ‘n verlore siel jou blink kant draai uit eie wil vir die vlym skerp liefde wat gaan volg nie. Die enigste, ernstige en fisiese mes steek wat ek ontvang het, was broer van my bloed, wat so kompenterend was dat hy eerste gebore is. Eerte met 3 jaar. Ek wou nie swem totdat dit brood nodig was nie.

En ek het net geswem om my eie lewe te red. Dit daar gelaat…Ons het die mes speletjie gespeel waar jy ‘n mes gooi sodat sy lem eerste die gras/grond deurboor en dan regop bly staan. Waarna jy jou voet moet skuif na die mes en dan word beurte geruil. As die mes regop staan in lyn met jou twee voete se tone en hakke, MOET jy omdraai en jou blink kant wys. En dis waar ek uit eie wil en met groot vertroue my “O” ring vir my lieflike broer gewys het. Ek het nie juis iets gevoel nie, maar plaas van gras/grond deurboor, is my blink kant, vol hael skade, deurboor met ‘n vlekvrye lem. Julle moet asseblief nie my ma vertel nie, anders sal sy nou nog haar moederlike plig doen en ons altwee met liefdevolle, moederlike hande ons sal laat dink oor die saak en met vinnige en harde bewegings my en my broer ooreed OM DIT NIE WEET TE DOEN NIE!

Nou ja ek het nie meer ‘n bewys merk nie, en al hoekom ek dit kan noem is omdat ek nie daar kan sien nie, en menigde vriendelike toeskouer van my manewales het my verseker dat ek nie ‘n lit-teken het nie. Maar ek sal wel erken ek het lit-tekens nog in my siel nog in my hart, waar een of ander wetter sy vlekvrye lem in my rug gedruk het met groot hartelus. “Het ek dit verdien?” is altyd my eerste vraag. “Het ek jou kos gesteel?” is my tweede. En dan laaste maar nie enigste, “Het ek jou bloed verkoop vir lekkers?”. En ek antwoord altyd nee op die vrae? So hoekom my deurboor met jou selfsug en jou haat? Omdat ek my werk beter doen? Omdat ek ‘n mooier meisie het of meer geld het? Omdat ek glo? Omdat ek kan lag vir die lewe omdat ek pokken kan? Wat ookal die rede is…Wie gee die grot bewoner, siel siek, ongemanierde tabak blaar van ‘n verskoning om te lewe, die reg om my, of my siel enige kwaad aan te doen. Ek lag groot en deels dat ek verstik in my eie ensiem gevulde binne mond water…Want hul haat, jaloesie, minagting en verlore siele is so groot problem, hul bewys hul mensDOM en kom dit nie eers agter nie. En laat jy dit durf waag deur hul eie hoes stroop of weermag konfyt uit te deel.Dan is jy…dan is jy…pok hul raak so kwaad hulle het nie woorde nie? Maar hul kan leuens uitdink? Daar is ‘n statige leuse wat ek met liefde gebruik na so gebeurtenis. “Kyk my ten minste in die oë as jy die wapen vuur en jou petroon my brein vermorsel”. Is al wat ek vra…maar is dit te veel gevra?

Maar ek vergewe en vergeet, maar die vertroue is weg my maat. En ek weet dit beteken in jou woede aanval niks nie. Maar ek en almal wat daarvan hoor, verloor geloof in jou mank siel. Maar dis deesdae te maklik…te maklik om op jou rug te gaan lê soos ‘n teef sodat een of ander skurf hand jou maag kan vryf*daar is iets soos hande room*. Pok as ek 6 – 8 tepels gehad het, het ek ook op my rug gaan lê en gevra dat almal my maag vryf…toe…asb…nee man vryf hom…moenie lek nie…nee…wag daarsy…Ok doen nou wat jy wil met my…Maar hierdie suigstokkie wat nou so lekker tik, appel geur vir die wat wonder, het dit ook gedoen. Pok die wang draai mense…Ek het alles gedraai wat nie met my blink kant te doen het nie…”Ok ek is moeg, *draai wat nog nie merke het, vorentoe*…steek my maar dood. ‘n Baie goeie vriend sê gereeld dat hy nie kan verstaan dat mense so kwaad kan raak as jy hulle uitvang met ‘n leuen nie. In plaas daarvan dat hul dit net erken en omverskoning vra vir die mislukte poging, sal hul eerder skaam-kwaad optree en nie met jou praat nie of verdere leuens by ‘n gewillige oor aflewer. En dis ok…Maar hoekom kwaad vir my? Omdat ek geweier het om te aanvaar wat jou hayiena beslaapte mond uitgespuug het?

Almal oortree, almal vertel leuens, “Nee oom, ek het nie jou twak gesteel nie”. “Moenie twak praat nie ou seun”. “Nee oom dis eintlik lug en woorde...*verlore kyk op mombakkies*. “Maar ek het jou kar verkoop vir drank geld…is ek vergewe?” Ek het vandag vir ‘n verkeers konstabel die waarheid geantwoord. En ek het nie vir sy kersfees bonus betaal nie. Miskien was dit omdat ek baie groter as hy was, en hy geen wapen gehad het nie, of dalk het hy sy “Kellogs” ontvang vanoggend. Of dalk was dit my stukkende werks klere omdat my salaries nie nuwe kleure kan koop nie. Die Vader alleen sal weet.

Eerlikheid vir die rekenaar ongeletterde mense se vraag van het ek ‘n “stiffy”? “Nee boet…ek het nie ‘n “stiffy” nie, nog minder ‘n “floppy”…Dis net ‘n half mas poging om die bloed wat moet vloei, suiweren op tyd te hou. Veral in die winter as dit so koud is soos ‘n proffesionele straat vrou se hart.

Probeer jou leuens, ons is mens, maar erken as as dit nie geglo word nie. Dit kan ‘n lewens-veranderende gevoel oor jou laat spoel wat wel die “stiffy” gevoel vir sommige sal gee. Of dalk net ‘n glimlag…en maak nie saak watter gevoel jou hare terug blaas nie, saam die gevoel, haal eie erkenning een moerse groot rots jou skouers af, of neem ‘n swart sterretjie voor jou naam weg.

Ek erken ek was ‘n alkoholis, ek erken ek het my beter helfte lief dat ek musiek hoor en op wolke loop, ek erken ek het my eie doeke vuil gemaak, ek erken ek het leuens vertel, ek erken ek het skelm gerook en gedink ek is groot en sterk en beter as die res…en laaste sal ek erken ek het in my eie neus gekrap opsoek na goud. Want ek is geleer jy gaan altyd vir goud!

Laastens erken ek, dat ek mens is…gewoon, stout, sondig, vol planne en soms vol stront. Want ek lewe, haal asem en drink whiskey en skei “Lion” bier af.

*Dank Vader hul het dit gestop*

16 comments:

Anonymous said...

Um iemand post iets asb. sodat ek kan antwoord want ek heti tyd om die blog te lees nie

Marra said...

Hahahahahaha...as jy nie tyd het nie, hoekom kommentaar gee? Hmmm...tik my vingers af...2AM in die oggend...En jy wil gesels met posts maar kan nie blog lees nie?

Sjoe...dan moes jy liewers wag totdat jy kan lees of hoe? Hahahahahahaha
Trek jou been...Dankie vir kommentaar!

Anonymous said...

Shoe, jy het nou BAIE diep gaan krap. Ek is eintlik te verstom om kommentaar te lewer.

Sit mens aan die dink

Tweeling

Anonymous said...

In daai geval moet ek gaan lees
wag eks nou terug

Anonymous said...

Nou net verby die eerste parragraaf, tot dus ver geen komentaar

Marra said...

HAHAHAHAHAHAHA...Sorry lee, ek kon nie slaap nie en het maar begin tik. As dit te lank is, lees in dele, want ek kan nie so vinnig soos julle ander tik nie...En waardeer jou besoek hier, ALTYD!

Dankie my tweeling, ek dink die wakker sit soos oupa uil het my aangetas, het met humor begin maar dit het nie so geiendig nie. Bly ek kan jou laat dink!

Anonymous said...

Menslikheid in humor, daar is net een wonderlike mens soos jy!
Soms sal mense jou net in die rug kan pik, want die eiers kan nie die pyn in jou oe mis nie, en dan groei hul 'n jammerte, dan kry hul moontlik 'n gewete. Soms maak mens ander seer om jouself beter te laat voel, vat so kry seer, aaahhh ek is beter. Dom noole.
Parratjie jy het ook die vermoe van woord!

Marra said...

Is jy seker sus? Want ek het dit nou gaan lees en ek sit nou en wonder hoekom ek dit gepost het? Hahahahahaha Toemaar ek is nie 'n "aandag straat vrou" nie. Dankie jy!

Dis net bietjie lank...Sal dit volgende keer bietjie opdeel...groei pyne...tsk tsk...

Anonymous said...

Whahahaha..... Marra jys n freak...

Jy weet dis human nature om n mens in die rug te steek met n mess wat reg duer die siel en hart gaan....

I wish there blades may break and cut there hands off... Let the blood begin to flow...

But yeah if ppl only had the courage to look you in the eye when they do it , it would have made life so much fun as I can garentee that person would be second....

Anonymous said...

Yeh yeh! Iemand want by potensiaal sien. Dankie Grem, een van die beste komplimente op my blog...

Anonymous said...

Haha plesir Marra... Blykbaar is my comments gewwonlik langer as die post... Wel ek dink jou post wen my ver... en Ja dit het al so baie met my gebuer en ek het al so baie verloor daar duer so ek weet presies hoe jy voel...

SaM-GiRL said...

hahahahaha @ lee!!! ek doen dit ook altyd as ek nie lus is vir lees nie, kyk wat die ander se en lei af waaroor dit gaan.

Anonymous said...

Flip ek moet saam stem daar sam. Soms doen ek nie eers moeite om te gaan lees nie...hahahahahahaha

En dis so kewl, hoor net wat ander daarvan sê en dan hoef jy nie eers moeite te doen. Dis eintlik wat MSN so brood nodig maak. Keer dat mens tyd mors.

Ek is mal oor die manier wat mens net kan hallo sê en dan net verdwyn. Dit laat die mense om my so skarrel en wonder waar ek is. VIVA INTERNET!!

Anonymous said...

LOL sies, nou weet ek hoekom niemand eerste will post op my blog nie, wag altyd vir iemand om die ys te breek.

Anonymous said...

Hahahahaha...jy is so funny grem. Dankie jy het my laat lag op 'n moeilike dag.

En ek dink nie ek wen joune nie. Ek leer nog...tsk tsk...

Anonymous said...

Ek is dors vir 'n nuwe post.