Hoeveel keer het ek al die storie gehoor? Ek het nie genoeg vingers en tone nie...so ek kan nie tot daar tel nie. Maar as ek moet sente tel vir elke storie, sal ek BAIE lank besig wees en ja...genoeg geld hê om my en my beter helfte se lewe baie gemaklik en lekker te maak. Die storie wat ek amusant vind, is die storie van opera. Sê dit stadig...oop-pa-ra. Dis ongelooflik hoe naief sommige mense kan wees. “Nee Marius, hy/sy het nie eers my naam gevra nie...” Sjoe, wat verwag mens as jy vir die eerste, tweede of derde afspraak, op jou rug gaan lê soos ’n hond en vra dat jou magie gevryf word met bene wat strek van oos na wes, of as jy anders is, noord na suid? Ek het geen probleem met lus nie, maar as jy lus vir liefde opneem, gaan ek lag totdat ek bloed uitskei. En almal om my kan krap en krap tot die jeuk weg gaan. Maar wat verwag mens met so optrede? Ek bly glo in die soort soek soort. Dis al te veel keer bewys vir my. Ek sal niemand ’n hoer of straat man/vrou noem nie. Tensy dit op jou werk deskripsie form staan. Dan mag ek maar. En ek preek ook glad nie. Maar jy word groot met die gedagte dat vuur jou brand. Wat soms lekker is, maar as jy jou vinger op ’n kooltjie gaan druk, gaan jy gebrand word. Dit is die wet van die natuur. Waarom sal jy wil neul en teem na die tyd? Ek het my weird vriende...mense wat ’n bakkie vrag pynappels na ’n hoer huis vat en vra of hul kan R300 se pynappels inruil vir die dienste van die huis. Ja hy is ’n jong opkomende boer. En drank maak enige mens maar snaakse dinge doen.
Ek ken mans wat van ’n donderdag saam ’n meisie kuier, en dan die sondag as hy haar aan ’n kamermaat moet voorstel wat terug gekom het, vra ide man...ekskuus wat is jou naam nou weer. Ek vind die gesig trekke en pyn wat ek in die oë sien vreeslik amusant. Nee ander se pyn is nie lekker nie, maar jy weet dat vuur brand? Ek dink persoonlik ek is die domste slim mens, of die slimste dom mens, wat ookal jou hare terug blaas. Daar is soveel situasies wat ek van beter weet, mar dink jy ek sal luister na my grys stof? O nee, hoekom sal ek dit wil doen. Jy is simpel om te luister. Ek lag gereeld vir my manewales. Ok meer as die helfte is om ander om my te laat lag. Want daar is niks lekkerder as om ’n glimlag op ’n ander persoon se mombakkies te sien nie. En as ek rerig geseën word, kry ek ’n lag. Ek leef vir glimlagte en opregte lag. Ek dink ek voel dieselfde hoog soos ’n ouer wat hul kind die eerste keer hoor praat, of eerste keer sien loop. Ek was gisteraand in Skelmbos(Stellenbosch) vir baie goeie redes...*wink wink* En terwyl ek by die BP staan om petrol in my sport motor te gooi, en nie een nie, maar twee groepe mense het my voorgekeur om foto’s te neem van my afro. Hul het ’n skattejag gehad, van die studente, en hul moes ’n wit man afneem met rasta hare, of ’n wolkop soos myne (afro). Ek neem aan die rasta hare en wolkop is skaars soos hoender tande of wit tiere. Ek het genoem julle kan nie foto’s neem van my nie(vir hul skattejag bewyse) want my ma weet nie ek rook nie.
Ek bieg...die glimlagte het gedeelte van my aand gemaak, en my beter helfte het volkome my aand gemaak. O...dis...lekker om te lewe ja dit is!





