Friday, September 28

So wat gaan aan in die lewe van Marra Parra…

Ek het so klein onder-onsie met ‘n nuwe aanstelling van my vorige maatskappy gehad.Dit was nie baie lekker nie, omdat my hoof klagte was om daar te gaan uithelp. Dis ook vreeslik wat mens se brein aan jouself kan doen. Maar feite weg bloem was nog altyd ‘n gunsteling van die idiote by my vorige werk.

En natuurlik “polly – blameer – wegskuiwing”. Gelukkig het ek my gat af gewerk om seker te maak als is reg vir die nuwe aanstelling. Maar raai raai wat doen die onopgevoede van my vorige werks lewe?? Die dokumentasie wat wel vir die nut gebakte peer gegee word, is nie eers die boom werd wat gedood is vir die papier nie. So wat is die uiteinde…ek word herhaaldelik geskakel omdat die nuwe aanstelling wil weet hoe werk dit, wat word daar gedoen, hoekom word dit gedoen wanneer word wat gedoen. Liewe hemel…Dit sal my 2 volle dae vat net om te verduidelik hoe moeilik die 1 groot klient is, wat nog die rede vir die kode wat geskryf is. Toe word daar geld aangebied. en die snaakste is, iemand anders wat moes kontrakteur, is R250 aangebied. Deur onkunde is gedink ek is nie ingelig nie, groot was my skrik toe ek ‘n skamele R75 aangebied word…Toe word daar gehuil omdat ek petrol geld ook wou vra.

Help is help maar as ek al die werk moet oordoen, en dan 127 kilo’s moet ry vir die oordoen van my werk, dink ek nie om ‘n geldtjie te vra vir petrol is enigsins onredelik nie. Toe word daar nie verstaan nie. Want ek het mos gese ek sal help. En hoekom vra ek nou al die geld. Wel toe Marra ja gese het vir help, was dit ‘n uur of twee. Dit was ook met my deur ry en hallo se vir al die wat agter gelaat is. Toe moes ek nog ‘n nuwe aanstelling wys wat in sekere databasisse aangaan. En net daar besluit ek, met al die bogenoemde inligting, ek is besig om my eie tyd te mors. Ek het vir R120 ‘n uur gevra, plus petrol. En ek het voorgestel ek kom vir die hele dag. Wat nog ‘n groot grap is, ek WEET die 1 persoon wat aangestel is, kry R10000 plus minus meer as wat ek gekry het. Dan moet ek nog sy werk vir hom met ‘n silver lepel gaan voer. Hierdie drol dink nie so nie!! Ek het maar geantwoord

dat ek nie my “vorige groot fout” se geld nodig het nie. Nog meer het ek nie nodig om myself aan engie iemand daar te verduidelik nie. Wat my ook erg verras het, is dat 1 GROOT sleutel figuur erken het dit was ‘n groot fout, nie my hulp vra nie…iets anders. So dit het my laat besef…die laaste hoop wat ek gehad het dat daar enigsins menslikeid is in die Kaklantis gedeelte, was of die stank van my eie derm winde, of ek het iets in my koffie/water gekry wat my laat roggel het in ‘n kaleideskoop van vals kleure.

Laaste wil ek afsluit en net sê, ek verbrand nie brue nie, wat ek dink dis baie dom. Maar die Vader weet, Ek sal als in my vermoë doen om almal se oë oop te maak wat met manipuleerende werk omgewings te doen het. Ek is laas gemanipuleer toe ek gesukkel he tom plus en minus somme te doen. En dis jare en jare terug hoor…As jule so wil optree, gaan jul goed, gaan in jul moer!! En die prentjie is vir almal wat dink hulk an weg kom met enige form van “die onderdruk van jou mede mens”.

Viva die vryheid wat die waardering van my nuwe werk vir my het…!!!

2 comments:

Nosjunkie said...

WHOOOOOHOOOOOO
HALLO MAATJIE
ek het jou gemis jong.
en in die selle sin moet ek se dat ek jou pyn voel as 'n mede leier van.
ek is so bly jy het nie onder die eister fuis van Facebook gekom nie en dat jy steeds hier in blog land verkeer

Drizel said...

MY BOETIE.....ek jou mos soos in vreeslik baie gemis, jou woorde is soos stroop vir my oe, 'n blye soetheid....mis jou.

Sterkte jong.
Luffies
Ek