Wednesday, May 23

Die lewe wat mens kies…

Pok die woord program maak my die hel in. Ek moet soveel keer die automatiese regmaak van my woorde…gaan reg maak. Groot pyn.

Maar laat ek nie folisofies raak ook programmatuur nie. Ek moes vandag ‘n vergadering bywoon. En ek het absoluut geen idee gehad waaroor die vergadering gaan nie. Gelukkig het my oorlewings prosedures ingeskop, en ek kon darem my man staan teen groot…groot kliente. Ongelukkig kan ek nie uitbrei oor vergadering nie. Al wat ek kan noem is…hou die tv en selfoon winkels dop. Hahahahaha…skuus julle. Ek weet dis sonde om iemand nuuskierig te maak en dan pokken dom te speel. Maar nou ja, vat dit so of los dit. Nou ja, my eintlik punt…Ek weet ek het al baie geneul oor my vorige werk. Maar ek moet die volgende noem. Dis ongelooflik, hoe baie maatskappye verskil as gevolg van die verskillende leierskap. Magtag maar my huidige maatskappy het goeie prosedures. Nee rerig.

Dis ongelooflik hoe als vloei, sonder moeite, sonder skree, sonder soebat en sonder bloed oortappings en pille vir stres. Enige maatskappy het hul groen neus ornamente, en ja, jy gly soms. Of val jouself nerf af, maar hier het jy die keuse om ‘n hand reeling te gryp of nie. Ek moet vir volgende 2 weke, 3 projekte oorvat vir my IT leier.

En ek kan nie wag nie.

Wel hier gaan dit so, maar ek wens ek kan dieselfde noem van iemand wat ek ken se werk. Eerstens word sy as ‘n vrou hanteer en nie kollega nie. WDP?(Wat de POK?) Watse tyd leef ons nou? En dan, omdat hul fout gemaak het, moet sy ‘n vergadering bywoon, waar sy moet verduidelik hoekom sekere goed nie klaar is nie. En raai wat…die leier van die 1 projek, senior leier moet ek bysit, het projek vir jaar opsy geskuif, omdat hy ‘n kind is, en nou moet almal spring en soos honde blaf as daar beskuitjies uitgedeel word? Flip ek verstaan dit nie. Ek wonder of die mense wee twat hula an hulself doen? Want op hul mistige oog ag, lyk als soos wafels en roomys en stroop, maar as hul hul ogies uitvee, is dit een of ander afskeidsel van 1 of ander dier,waarin hul staan. En die reuk is nie soet en koud nie, die reuk is bitter en afbrekend. Ek wil vir julle vertel, julle is besig om 1 baie goeie werknemer te onderdruk,opsy te skuif en te mishandel. En raai wat…Ek kan uitvind waar 2 van die 3 bly. Hahahahahaha…Dit sal nie goed afgaan nie. En...groei 'n ruggraat, dalk beweeg jy vorentoe, soos jy moet, en nie soos 'n krap na die kant nie...

Sterkte aan almal wat werks probleme het, my probleem is tyd, maar gauteng het die goeie gawe om jou tyd te steel. Ek gee nie om nie, ek is nog net nie gewoond daaraan nie. Maar dis lekker om in gauteng te werk, JA DIT IS!!!!

2 comments:

Donsie said...

Ai Marra, jy het 'n punt beet daar... Nie een company se procedure dieselfde... Ek sit in baie soortgelyke posisie en kan nie wag om te skuif nie... ek weet dit gaan anders wees waarheen ek gaan... of dit gaan beter wees? VERSEKER... ek het nog nooit is sulke omstandighede gewerk waar ek nou is nie...
Se vir jou vriendin.. sy moet vasbyt.. die wiel draai, regtig.. al voel dit nie so nie!!
Voorspoed!!

Drizel said...

Hey boetie
Ek is baie bly dat dit nog lekker met jou in die gautengeleng gaan.
Ek verlang na julle.
Lekker week...baie drukkies en soene:)