Wednesday, September 10

So wat daarvan...



In vandag se lewe is dit moeilik om enige groot,mooi, eenvoudige of goue keuse,opinie ens. te waardig. My vraag vandag is hoekom moet dit gewaardig word. Wie is die gevraagde om my redes, opininies of hoes-stroop besluite te wil waardig? My eerste gedagte is om te vra waar bly jy? En indien ‘n antwoord gegee word, sal ek vra dat die person gewoonlik sy kaas daar gaan praat en my in vrede los. Maar raai wat, dis nie so maklik om van daardie doring in die vlees ontslae te raak nie. Nie dat ek van almal se “waardig asseblief” vrae wil ontslae raak nie. Dis net soms te veel. Te veel mors van brein krag, te veel mors van my suurstof, te veel mors van my tyd. My vriende en bloed broer het my ‘n goeie antwoord gegee op gevraagde waardigeid deur net te sê:”Wel…want ek kan…”
“Hoekom het jy die bed nat gemaak…? Wel, erm, want ek kan het jy nie geweet nie?” “Waarom het jy daardie hemp aan? Oeee, weet jy, dit het vir my gekyk en dit was liefde met eerste oog kontak.”
Hoekom, waarom en natuurlik waarvoor is woorde wat vandag sonder dink gebruik word. Maar ons mag dit doen, want almal doen dit. Ek doen self, het ek tot my spuit agter gekom. Maar ek probeer baie hard om die gevraagde woorde met rus te laat. Ek sal eerder die stelling buig of opinie form met ‘n ander stelling.

“O, ek sien jy het ‘n nuwe kar gekoop, het die vorige kar probleme gegee of was dit net tyd vir ‘n ander een.”

“Flip dit was baie gevaarlik, het jy besluit jy het nie genoeg lit-tekens in jou gesig nie.”
Die ergste van die drie-ling is natuurlik die “o ok, maar…”. “Maar” het begin deur ‘n kind wat sleg behandel is deur sy ouers. Dit beteken nie die kind is mishandel nie. Wat dit wel beteken is dat die vrae nie reg geantwoord is nie. Ek was baie gelukkig met my “hoekom” stadium. My ouers het baie vinnig besef watter vrae gaan ‘n week se opvolg vrae lok en watter vrae kan vinnig opgelos word. Daar is, soos 90% van ons, gou verduidelik dat die tv program op kritieke stadium is, en al is daar geprotesteer met “..maar ek verstaan nie wat nou gebeur nie…”, word daar gevra om net bietjie te wag. Indien die wag lank volgens die kind was, het die brein met suiker die ouers se heel kalm guns oorskryf met nog ‘n probeerslag. Daar was gesug, gedreig en soms met ‘n hand is die guns herhaal. Wat vir my baie vinnig en duidelik was, is dat indien jy wel gewag het, was die antwoord vir jou gegee sonder dreigemente, sonder seer boude en selfs sonder enige absolute moeite.

Om terug te kom na my punt, sommige het net nie geleer om self te dink nie. Ek verstaan ‘n jong mensie se groot dors na informasie, want, wel, elke kind wil leer. Hul sal dit nooit erken nie en moenie dit probeer waardig nie. Dit is maar net ‘n menslike feit. Die irretasie ontwikkel deur persone wat wel uit die skool is, wat wel lewens ervarige opgedoen het, en SELF, ja SELF ongeduldig raak met waardige aanvalle, maar wat in dieselfde uitkaas asem, omdraai en presies dieselfde doen. Ek het ook die teenoorgestelde probeer… “O ek het R5000 verhoging gekry verlede maand…”. “O dis baie goed, ek is baie bly vir jou part.” Selfs dan is dit nie genoeg nie. Ek skaterlag as die geantwoorde, ‘n frons op die ongebruikte voorkant van die brein kry, en wonder waar die waardige vraag van die stelling. Die Bybel leer doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.
Wel, ek wil nie gepla word nie. Ek wil nie myself waardig in enige doen en late nie. Ek stel nie belang oor hoekom, waarom , en “maar” nie. Ek dink anders, voel anders en leef anders as jy. Aanvaar dit of gaan vertel die polisie.
Viva la eie denke!!!

No comments: